Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Pukke bly geskors oor beweerde ontgroening

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het Vrydag aangekondig die nege huiskomiteelede in ’n Potchefstroomse manskoshuis wat in Januarie van hul posisies onthef is, bly tydelik geskors nadat “nuwe inligting” na vore gekom het.

Tugstappe staar die huiskomiteelede nou in die gesig.

Hulle is net uit hul posisies en nie uit die universiteit en koshuis geskors nie. Die primarius is nie geskors nie.

Die universiteit het kort ná hul skorsing aangekondig hul skorsing gaan opgehef word.

“Die universiteit het beplan om die saak te sluit deur die skorsing op te hef en ’n proses van herstellende geregtigheid te volg,” het Louis Jacobs, NWU-woordvoerder, Vrydag in ’n mediaverklaring gesê.

“Die saak kan egter nie afgehandel word soos aanvanklik aangedui is nie omdat daar nou nuwe inligting na vore gekom het.”

Die universiteit wou nie meer inligting oor die voorval bekend maak wat vermoedelik met ontgroeningspraktyke verband hou nie. Jacobs het wel gesê dit hou verband met “wangedrag” wat neergekom het op die versuim om hul verantwoordelikhede na te kom.

Jacobs het Saterdagoggend gesê die universiteit gaan in dié stadium nie die koshuis se naam en besonderhede oor die voorval bekend maak nie. Hy het dus nie gerugte bevestig dat eerstejaars glo te midde van hittegolftoestande in ’n vertrek in die Caput-manskoshuis toegemaak is terwyl verwarmers aangeskakel is nie.

Jacobs sê egter daar is nou prima facie-getuienis wat dui op die moontlike oortredings ingevolge die NWU se statuut. “Die universiteit is verplig om die saak in ooreenstemming met sy reëls te hanteer en tugprosesse te volg.”

’n Tussentydse huiskomitee sal intussen die geskorste lede se funksies verrig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.