Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
R79,3 m. vir Gupta-koerant ‘deel van staatskaping’ in VS

Die R79,3 miljoen wat die Vrystaatse regering aan die Guptas se koerant, The New Age, gegee het, is ’n voorbeeld van hoe hulle die Vrystaatse regering gekaap het, het Mmusi Maimane, leier van die DA, Dinsdag in Bloemfontein gesê.

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping moet dit ondersoek en die Valke moet dit verder voer.

“Wat nou ná die Zondo-kommissie moet gebeur, is dat die strafregstelsel stelselmatig teen die verskillende rolspelers optree sodat die skuldiges aan die pen kan ry.”

Mmusi Maimane, leier van die DA, voor die verflenterde en geplunderde Ramkraal-tronkgebou, ’n erfenisskat uit Bloemfontein se verlede.Foto: Mlungisi Louw

Hy sê as al die korruptes in die ANC in hegtenis geneem en in die tronk gestop kan word, sal daar geen korrupsie meer wees nie.

Toe The New Age gestig is, het die DA gesê dit is niks anders nie as ’n propaganda-masjien wat die ANC saam met die Guptas geskep het nadat hulle by die destydse apartheidsregering geleer het hoe om dit te doen.

“Die apartheidsregering het ook sy eie koerante op die been gebring wat hul eie propaganda versprei het toe niemand hulle meer wou glo nie.”

Die DA het vir regerings soos dié van Ace Magashule, voormalige Vrystaatse premier, gevra: “As julle regtig die beste mense in vakatures wil aanstel, hoekom adverteer julle in ’n koerant soos The New Age, wat nie sy sirkulasiesyfers laat oudit nie?” Getrou aan sy arrogante aard het hulle nie die vrae beantwoord nie.

Hy sê die Vrystaat se webwerf-skandaal het meer gekos as die geld wat die ANC-beheerde regering aan die Vrystaatse boeregemeenskap vir droogtehulp gegee het.

Volgens hom is ’n stem vir die ANC soos om ’n kredietkaart vir ’n alkoholis te gee. Hy hou aan met drink.

“Die ANC is ’n korrupte kliek, ’n Ponzi-skema. Ons sien dit onder meer in die korrupsie-ondersoeke van R18 miljard in die Johannesburg-metro.”

Die patronaatskappe van korrupte kaderontplooiing wat die ANC op die been gebring het, ook in munisipaliteite, wys dat dié party geen respek vir die inwoners het nie en nie vertrou kan word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.