Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
SOE ondersoek Bosasa dalk weer

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) volg die getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping met die oog op moontlike ondersoeke.

Angelo Agrizzi
Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa.

Waar nodig, sal vorige ondersoeke ook heropen word, sê Nazreen Pandor, woordvoerder van die SOE.

Adv. Mahlodi Muofhe, voormalige spesiale raadgewer van oudminister Ngoako Ramatlhodi, is aangewys as voorsitter van ’n komitee van die SOE wat na aanleiding van dié getuienis, veral oor Bosasa se bedrywighede, aanbevelings oor verdere ondersoeke sal maak.

Andries van Tonder, voormalige finansiële hoof van dié maatskappy, sit Woensdag sy getuienis voort nadat sy oudkollega Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, opspraakwekkende getuienis gelewer het oor hoe Bosasa en pres. Jacob Zuma, asook ander politici en amptenare jare lank by korrupsie betrokke was.

Die SOE het in ’n verklaring gesê hy neem veral kennis van die talle verwysings in Agrizzi se getuienis na ’n vorige SOE-ondersoek na die departement van korrektiewe dienste.

Agrizzi het getuig hoe amptenare van dié departement miljoene rande by Bosasa gekry het. Hy het ook getuig dat Bosasa staatslui omgekoop het om die SOE se ondersoek na Bosasa te beïnvloed.

Meer oor:  Angelo Agrizzi  |  Soe  |  Bosasa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.