Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Manyi hou Zondo-getuienis 'op TV dop'

Mzwanele Manyi, voormalige hoof van die regering se kommunikasiediens (GCIS) en eienaar van die Guptas se bankrot koerant The New Age en TV-stasie ANN7, het van plan verander en gaan nie Vrydag se sitting van die Zondo-kommissie bywoon nie.

Manyi het aan Netwerk24 gesê: “Ek wou dit bywoon, maar ander sake het opgeduik. Ek het besluit om dit eerder op TV te volg.”

Adv. Kate Hofmeyr, lid van die kommissie se regspan, het vroeër aan adjunk-hoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, gesê Manyi het spesiale akkreditasie versoek om na Phumla Williams, waarnemende direkteur-generaal van GCIS, se getuienis te luister.

Williams het gesê Manyi het nie gras onder sy voete laat groei voordat hy veranderinge in GCIS aangebring het nadat hy Themba Maseko, wat in 2011 afgedank is, opgevolg het nie.

Sy het gesê Manyi het opdrag gegee die afdeling wat aankope doen en die interne ouditafdeling moet regstreeks aan hom verslag doen.

Meer oor:  Staatskaping  |  Jimmy Manyi  |  Phumla Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.