Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Valke-lede ‘onwrikbaar’ in ondersoek na Guptas

Daar is Valke-lede wat onwrikbaar is in hul ondersoek na die omstrede Gupta-familie, het Natasha Mazzone, DA-LP, Vrydag gesê.

Mazzone se kommentaar kom nadat dit bekend geword het die lasbrief vir die inhegtenisneming van Ajay Gupta is voorlopig teruggetrek. Dit beteken dat hy nie meer ’n voortvlugtige is nie en na Suid-Afrika sou kon terugkeer.

Ajay GuptaFoto: Argief

Ajay is in Februarie 2018 as ’n voortvlugtige verklaar, nadat hy landuit is voordat die lasbrief op hom beteken kon word.

Die DA het sedert November 2016 vyf keer verskillende klagte teen Ajay en sy twee broers aanhangig gemaak, waarby die voormalige Eskom-hoof Brian Molefe, die Gupta-maatskappy Trillian, Eskom, die Bank of Baroda, Transnet en sy direksie, asook Anoj Singh, voormalige finansiële hoof van Eskom, betrek is.

Dennis Bloem van Cope sê hy het in 2016 klagte teen Duduzane Zuma, oudpres. Jacob Zuma se seun, en die Gupta-broers by die Brooklyn-polisiekantoor aanhangig gemaak.

“Dit hou verband met kabinetsposte wat die Guptas glo aan Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, en Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, aangebied het,” aldus Bloem.

Bloem en Mentor is albei vandeesweek voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gekruisondervra oor Mentor se kontak met die Guptas.

Die lasbrief ter sprake is uitgereik nadat Jonas Ajay en Duduzane destyds daarvan beskuldig het dat hulle hom R600 miljoen aangebied het om die pos van minister van finansies, wat Nhlanhla Nene toe beklee het, te aanvaar.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het Vrydag aan Netwerk24 gesê die lasbrief is gekanselleer as ’n logiese wetlike gevolg nadat klagtes teen Duduzane in Januarie voorlopig teruggetrek is.

Die saak teen Duduzane het ook met Jonas verband gehou.

Op ’n direkte vraag of die kommissie beplan om Ajay te dagvaar, het Stemela gesê dié medianavraag kan nie onmiddellik beantwoord word nie.

Mulaudzi het benadruk die terugtrek van die lasbrief teen Ajay is net “voorlopig”. Mulaudzi sê die Valke se ondersoek na staatskaping duur voort.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het by navraag gesê hy kan nie kommentaar lewer op die opheffing van die lasbrief nie.

Met die voorlopige terugtrek van Duduzane se klagte, het die NVG egter gesê hy wag dat Jonas sy kruisondervraging voor die Zondo-kommissie voltooi, voordat hy sal besluit of hy Duduzane gaan vervolg.

Eerw. Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die Zondo-kommissie, het telefonies bevestig dat die kommissie nog niks van Ajay gehoor het in terme van sy getuienis voor adjunkhoofregter Raymond Zondo noudat hy (Ajay) weer ’n vry man is nie.

Stemela het bevestig dat die kommissie by magte is om getuies te dagvaar om te getuig.

Op ’n direkte vraag of die kommissie beplan om Ajay te dagvaar, het Stemela gesê dié medianavraag kan nie onmiddellik beantwoord word nie.

Ulrich Roux, strafregprokureur, sê: “Dit lyk asof Ajay Gupta slegs ’n verdagte was weens die klagte teen Duduzane Zuma. Die feit dat die klagte teen Duduzane voorlopig teruggetrek is, beteken dat daar geen rede is waarom die NVG in hierdie stadium met Ajay ’n onderhoud sal wil voer nie.

“Ons moet onthou dat die NVG slegs ’n persoon kan vervolg indien daar ’n redelike vooruitsig is van ’n suksesvolle vervolging.”

Roux meen indien die staat weer die klagte teen Duduzane instel, hulle Ajay weer as ’n persoon van belang kan identifiseer.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Valke  |  Guptas  |  Ajay Gupta  |  Natasha Mazzone  |  Dennis Bloem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.