Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Valke slaan toe by kantoor van Limpopo se premier

Die Valke het ’n klopjag op Stan Mathabatha, premier van Limpopo, se kantoor uitgevoer om bewyse te versamel in hul ondersoek na beweerde korrupsie met buitelandse reise.

Sowat 20 lede van die Valke het onaangekondig daar aangekom in ongemerkte voertuie, om te begin met ’n operasie wat later as die “opruim van korrupte bedrywighede” beskryf is.

Stan Mathabatha, premier van Limpopo. Foto: Phuti Raletjena

Kapt. Matimba Maluleke, Valke-woordvoerder in Limpopo, wou nie verdere besonderhede verskaf nie. Hy het navrae na kapt. Carol Mlambo, Valke-woordvoerder in Gauteng, verwys.

Mlambo het aan News24 gesê: “Hoe weet jy dit was ’n klopjag? Dalk het hulle net ’n vergadering daar gehou.”

Kenny Mathivha, die premier se woordvoerder, het egter bevestig dat lede van die Valke ’n klopjag uitgevoer het om bewysstukke in te samel in verband met transaksies by reisagentskappe vir buitelandse besoeke.

“Die Valke se opdrag is om internasionale reise te ondersoek en te kyk of daar enige ongerymdhede is. As die kantoor [van die premier] sal ons ten volle saamwerk om seker te maak dat alles na vore kom. Wat ook al aan die lig kom, sal die premier help om enige korrupte bedrywighede wat aangaan uit die weg te ruim.”

News24 het betroubaar verneem dat sommige personeel in die aankope-eenheid daarvan verdink word dat hulle met reisagente saamgespan het om buitensporige bedrae vir buitelandse reise te ontvang.

Byvoorbeeld, waar ’n retoervliegkaartjie na Kuba rondom R52 000 kos, het die premierskantoor ’n faktuur vir R252 000 vir dieselfde kaartjie ontvang.

Norman Mavhunga, takvoorsitter van die vakbond Nehawu, sê “korrupte bedrywighede” vind die laaste paar jaar al plaas.

Die eerste dag wat die premier in sy kantoor ingestap het, is ’n verslag aan hom gegee oor verdagte optrede by verkrygingsbestuur. Dit lê egter iewers en geen ondersoek is gedoen nie.”

Meer oor:  Stan Mathabatha  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.