Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Valke trek nog 3 van onderwêreld vas

Die Valke het Donderdag op nog lede van die onderwêreld toegeslaan en nog drie van vier verdagtes in verband met verskeie klagte soos dwelmhandel en ontvoering vasgetrek.

Kapt. Lloyd Ramovha, Valke-woordvoerder, het in ’n verklaring gesê die groep, tussen die ouderdomme van 29 en 44 wat in Bryanston en Jukskeipark in Johannesburg in hegtenis geneem is, word met ’n reeks misdrywe verbind.

Netwerk24 het betroubaar verneem die een verdagte is ’n voormalige lyfwag van Radovan Krejcir, die omstrede Tsjeggiese misdadiger.

Radovan Krejcir

Ramovha noem in sy verklaring “ ’n 38-jarige beweerde handlanger (wat) met die veiligheidsbedryf in die onderwêreld verbind (word)”.

“Hy was na bewering ’n lyfwag van ’n omstrede figuur uit die onderwêreld wat tans opgesluit is vir verskeie ernstige oortredinge,” lui die verklaring.

Ramovha wou by navraag nog nie die naam, wat Netwerk24 het, bevestig nie, maar het bevestig dat die 38-jarige man wél met Krejcir verbind word.

’n Verskeidenheid dwelms en toerusting wat vir misdaad gebruik kan word, is gekonfiskeer.

Die 29-jarige Vishalin Dookie (29) het reeds Donderdag vlugtig in die hof verskyn, nadat hy Woensdagaand vasgetrek is. Hy sal op 24 Mei weer in die hof verskyn wanneer hy om borgtog sal aansoek doen.

Die oorblywende drie verdagtes se name sal bekend gemaak word sodra hulle Vrydag in die landdroshof in Randburg op aanklagte van rampokkery, geldwassery, dwelmhandel, die besit van steroïede, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, sowel as vir ontvoering, verskyn het.

Bheki Cele, minister van polisie, het Dinsdag in sy begrotingsrede die polisie aangemoedig om dwelmhandel en die vervaardiging van dwelms as ’n prioriteit te beskou, omdat dit misdaad teen vroue en kinders dryf.

Meer oor:  Valke  |  Radovan Krejcir
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.