Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Zondo hoor oor Guptas se TV-kanaal
Rajesh Sundaram, voormalige redaksionele konsultant van die TV-kanaal Africa News Network (ANN7), gaan Maandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek getuig.Foto: Facebook

Rajesh Sundaram, voormalige redaksionele konsultant van die televisiekanaal Africa News Network (ANN7) sal Maandag na verwagting heelwat oor sy voormalige werknemer te sê hê wanneer hy voor die Zondo-kommissie verskyn.  

Twee dae is opsygesit vir Sundaram se getuienis, het Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, Saterdag aan Netwerk24 gesê.

Stemela wou nie bevestig of Sundaram, wat ook ’n boek met die titel Indentured – Behind the Scenes at Gupta TV oor die televisiekanaal geskryf het, spesiaal na Suid-Afrika gereis het om te kom getuig voor adjunkhoofregter Raymond Zondo nie.

“Ek kan weens veiligheidsredes nie dié inligting bekend maak nie,” het Stemela gesê.

Infinity Media, mede-eienaar van Oakbay Investments wat aan die omstrede Gupta-familie behoort, het ANN7 besit. Die kanaal is op luisteryke manier in Augustus 2012 bekendgestel.

Atul Gupta at the launch of ANN7 news channel on A
Atul Gupta by die bekendstelling van ANN7 op August 21, 2013, in Johannesburg. Foto: Gallo
Rajesh Sundaram.
Dit is hoe Koos Kombuis die televisiekanaal ANN7 sien. Illustrasie: Koos Kombuis

Sundaram het in 2013 teruggekeer na Indië nadat hy uit sy pos by die televisiekanaal bedank het. Hy het toe gesê sy bedanking hou verband met die feit dat die televisiestasie streng “pro-ANC” moet wees.

“Daar was baie inmenging op ’n redaksionele vlak deur Atul Gupta,” het Sundaram destyds gesê. “Die beleid was om die ANC en die destydse pres. Jacob Zuma te ondersteun. Ek moes drie keer met Zuma vergader waar die Guptas hom telkens verseker het dat die kanaal pro-ANC sal wees.”

Die kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping het op 20 Augustus 2018 in Johannesburg begin. Die invloed van die Gupta-familie oor die staat en die plundering van miljarde rande deur onwettige kontrakte staan sentraal in dié ondersoek.

Stemela sê ná Sundaram se getuienis sal die kommissie getuies roep oor Transnet. Nader besonderhede oor dié getuies sal voor Woensdag bekendgemaak word.”

Mohammed Mahomedy, Transnet se waarnemende uitvoerende hoof, het in Mei voor die kommissie getuig dat ’n hersiening van dokumente deur Transnet se nuwe raad daarop dui dat verskeie kontakte onregmatig was.

Meer oor:  Rajesh Sundaram  |  Atul Gupta  |  Guptas  |  Zondo-Kommissie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.