Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Zuma gou weer voor Zondo-kommissie

Oudpres. Jacob Zuma gaan weer voor adjunkhoofregter Raymond Zondo verskyn kort nadat die kommissie van ondersoek na staatskaping later vandeesmaand sy sittings hervat.

Zondo, voorsitter van die kommissie, het Woensdag gesê pres. Cyril Ramaphosa sal ook in die tweede helfte van die jaar getuig.

Oudpres. Jacob Zuma verlede jaar voor die Zondo-kommissie oor staatskaping. Foto: Felix Dlangamandla

Hy het vroeër reeds met Ramaphosa gepraat en vir hom gesê hy kan verwag om in Julie geroep te word, maar dit sal waarskynlik nou weens die Covid-19-pandemie later gebeur, het hy tydens ’n aanlyn inligtingsessie gesê.

Zuma sal “taamlik gou” ná die hervatting van verrigtinge in die laaste week van vandeesmaand moet kom getuig.

Sy tweede verskyning voor die kommissie is ook weens die pandemie uitgestel.

“Ons wil steeds hê hy moet kom getuig. Ek meen dit sal taamlik gou gebeur,” het Zondo gesê.

Zuma het op 15 Julie verlede jaar getuig en sou later daardie maand weer getuig het, maar dit het nie gebeur nie. Volgens sy regsverteenwoordigers was hy te siek en in Kuba vir behandeling.

Die kommissie is ook van plan om voort te gaan met sy aansoek vir ’n dagvaarding vir Zuma om voor hom te verskyn. Daardie aansoek is ook weens die koronavirus op die lange baan geskuif, het die regter gesê.

Die kommissie se personeel keer op 15 Junie terug, hoewel diegene wat van die huis af kan werk, dit mag doen.

Die Zondo-kommissie het reeds drie keer uitstel gekry en moet nou teen 31 Maart volgende jaar sy verslag gereed hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.