Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Zwane gaan ‘nie pa staan’ vir mislukte Estina-projek

Mosebenzi Zwane, voormalige LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat, het Donderdag gesê hy laat dit oor aan die huidige leierskap in die departement om verantwoording te doen vir die ineenstorting van die Estina-suiwelprojek in Vrede.

Mosebenzi Zwane. Foto: Gallo Images

Sy reaksie kom te midde van adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), se openbare sittings in die Thembelihle-township oor dié projek.

Kleinboere wat begunstigdes van die projek sou wees, beweer Zwane en die destydse Vrystaatse premier, Ace Magashule, het aan hulle vee, opleiding in Indië en werk op die plaas belowe, maar daar het dadels van gekom.

Op ’n vraag of hy die Guptas gehelp het om geld uit die projek ter waarde van R250 miljoen te buit, het Zwane gesê: “Ek het simpatie daarmee dat hulle (kleinboere) nie gehelp word nie, maar daar is ’n ampsdraer, daar is ’n departementshoof en ek wil nie gesien word as iemand wat uit die graf uit regeer nie.

“Ek respekteer die proses en ek sal my leiers die ruimte gee wat hulle nodig het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.