Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
10% van onderwysers elke dag afwesig

Op ’n gemiddelde dag is sowat 10% van onderwysers oor die land heen afwesig.

Die departement van basiese onderwys het Maandagoggend ’n nasionale vorderingsverslag op ’n mediakonferensie in Pretoria bekend gemaak.

Angie Motshekga. Foto: Argief

Een van die kwessies wat in die verslag genoem word, wat in 2017 uitgevoer is, is die persentasie onderwysers wat op ’n gemiddelde dag nie by die werk is nie.

Luidens die verslag het dié persentasie vanaf 8% in 2011 tot 10% in 2017 gestyg. Afwesigheid van onderwysers was die hoogste in die Noord-Kaap (13%), Noord-Wes (12%) en die Oos-Kaap (12%).

Dit was die laagste in Limpopo (6%) en die Vrystaat (7%).

Alhoewel die gemiddeld van 10% soortgelyk is aan internasionale standaarde, is Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, steeds bekommerd daaroor.

“Dit het alles te doen met skoolhoofde en die dissipline wat by skole gehandhaaf word. ’n Mens kan nie ’n skool effektief bestuur as die skoolhoof self nie eens by die skool is nie.”

Sy sê dit is selfs gevaarlik vir onderwysers van laer grade om afwesig te wees omdat jong kinders vir ’n lang tydperk sonder toesig gelaat word.

Van die ander kwessies wat ondersoek is, is die standaard van infrastruktuur by skole en die aantal leerlinge wat toegang het tot die nodige handboeke.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.