Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
100 skole sluit weer, baie oor Covid-19

Minstens 100 skole moes die afgelope week hul deure sluit enkele dae nadat hulle kon oopmaak om gr. 7’s en matrieks te ontvang.

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sê hulle bereken Covid-19-gevalle het ongeveer 50 skole die afgelope week genoop om te sluit. “Dit klink baie, maar as jy in ag neem hoeveel skole daar is (ongeveer 25 000), is dit nie so baie nie.”

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, sê hulle kan nog nie met sekerheid sê presies hoeveel skole gesluit het weens Covid-19-gevalle nie, maar die departement het gister met alle provinsies daaroor vergader.

Die bywoningspersentasie was baie hoog.

Gauteng se provinsiale Covid-19-bevelsraad het Vrydag in ’n voorlegging gesê 54 skole in dié provinsie is weens Covid-19-gevalle gesluit en 13 weens infrastruktuurprobleme.

News24 berig 29 skole in die Oos-Kaap en 16 in die Wes-Kaap het gesluit. Vier in KwaZulu-Natal is ook gesluit weens aktiewe Covid-19-gevalle.

Klopper sê oor die algemeen het die week goed verloop. “Daar was nêrens, sover ons kon agterkom, gróót probleme nie.”

Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê by die nagenoeg 2 100 skole wie se beheerliggame daaraan behoort, was die bywoningspersentasie baie hoog. Bitter min het ook sonder baie goeie rede weggebly. Hy sê die moeite wat skole gedoen het om kinders terug te verwelkom, of dit nou met ’n liedjie, ’n koppie warm sjokoladeof ’n pakkie op die tafel was, is baie bemoedigend in dié tye.

Mhlanga sê ingevolge die standaard-bedryfsprosedures wat die skole moet volg, is dit in meeste gevalle nie nodig om die skool te sluit nie. Wanneer daar ’n positiewe geval binne die skool is, behoort openbare gesondheidsbeamptes die skool te kontak. As dit nie gebeur nie, moet hulle die relevante provinsiale beampte of die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes kontak. Die beamptes en skoolpersoneel sal dan ’n risiko-beoordeling doen en aanbevelings maak oor hoe om die leerlinge en personeel verder te bestuur.

  • “Die besluit om die skool te sluit is konteks-spesifiek en moet eers volg nadat die bogenoemde proses voltooi is.” Mmusi Maimane van die One South Africa Movement gaan Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria ’n tweede keer probeer om ’n hofbevel te kry om die regering te dwing om die skole weer te sluit.
Meer oor:  Chris Klopper  |  Jaco Deacon  |  Elijah Mhlanga  |  Inperking  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.