Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
101 leerlinge, 52 onderwysers toets positief in W-Kaap

Meer as 100 leerlinge en 52 onderwysers in die Wes-Kaap is sedert die einde van Mei positief getoets vir die koronavirus.

Drie onderwysers van die Hoër Jongenskool Paarl is tans in isolasie en op Vrydag 5 Junie was daar 21 aktiewe gevalle onder leerlinge, sê Willem Erwee, hoof van die departement van bemarking by die skool, by navraag. “Van die leerlinge het reeds Maandag begin terugkeer skool toe.”

Die Hoër Jongenskool Paarl. Foto: Hoër Jongenskool Paarl/Facebook

Volgens hom is die skool streng oor die nakoming van Covid-19-maatreëls.

“Niemand – leerlinge en besoekers – word op die skoolterrein toegelaat sonder dat hul koors gemeet en hul hande ontsmet word en hulle ’n masker dra nie. Ons is ook gelukkig dat ons Covid-19-protokolle al meer as een maal deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) geoudit is en aan die vereistes voldoen.”

Erwee sê die hele skool word ook elke middag ná huistoegaantyd ontsmet.

“Dit is nou alle werkoppervlakke, traprelings, deurknoppe en dies meer. Die afgelope naweek het ons ook sommer weer een van ons koshuise van hoek tot kant laat ontsmet. Daar is kwalik meer wat ons by die skool kan doen en ons kan maar net aanhou vra dat hierdie maatreëls ook tuis toegepas word.”

Bronagh Hammond, woordvoerder van die WKOD, sê by navraag 52 onderwysers in die provinsie is sedert 29 Mei positief vir die virus getoets, en 101 leerlinge sedert 1 Junie.

• Volgens die WKOD se Covid-19-inligtingsblad was daar teen Dinsdag 5 377 aktiewe gevalle in die provinsie. 574 gevalle is in die laaste 24 uur aangemeld. Altesaam 11 894 mense is reeds dood en 198 685 inentings is gedoen.

Meer oor:  Hoër Jongenskool Paarl  |  Onderwys  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Onderwysers  |  Wes-Kaap  |  Pandemie  |  Leerlinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.