Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
11-jarige vloek, stamp glo Grey-leerkrag

’n 11-jarige leerling van Grey-kollege (primêr) in Bloemfontein gaan waarskynlik eersdaags in die kinderhof in Bloemfontein verskyn nadat hy glo ’n onderwyseres onder haar klere in gevloek en haar gestamp het.

Die seun sal waarskynlik van aanranding aangekla word.

Na verneem word, het die seun glo ontwrigtend in ’n klas opgetree. Die onderwyseres het hom aangespreek oor sy gedrag.

Sy het die klas glo verlaat en toe sy terugkeer, het van die ander kinders vertel die seun het haar in Sotho gevloek.

Daarna het daar glo weer ’n argument ontstaan en die seun het haar na bewering teen ’n kas gestamp. Sy het haar balans verloor.

Die seun het toe glo geweier om saam met haar na die skoolhoof te gaan. ’n Onderwyser is geroep en die seun is na die skoolhoof se kantoor gebring.

Die polisie het bevestig ’n klag word ondersoek.

Jurie Geldenhuys, hoof van die laerskool, se enigste kommentaar is dat die polisie die saak ondersoek.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Vloek  |  Leerling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.