Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
11 skole in Noord-Kaap al gesluit weens koronavirus

Terwyl die Noord-Kaap se getal bevestigde koronavirusgevalle die 500-merk nader, is 11 skole in die provinsie al tydelik weens positiewe gevalle daar gesluit.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse onderwysdepartement, sê die afgelope week is vier skole – die Hoërskool Duineveld in Upington, die Laerskool Delta in Vosburg, die Laerskool JJ Booysen in Loxton en die Kimberley Christelike Skool – gesluit.

Skole wat vroeër vir ontsmetting gesluit is, is die Laerskool Carnarvon, die Enoch Mthetho Secondary School en die Ikhwezi Lokusa Primary School in Noupoort, die Hoërskool Phillipstown, die Zingisani Primary School en die Hoërskool Veritas op De Aar en die Beacon Primary School in Kimberley.

Die Beacon Primary School en die Zingisani Primary School het reeds weer hul deure heropen. Die res heropen binnekort.

Van der Merwe sê dit is belangrik om daarop te let dat net enkele gevalle in dié skole aangemeld is, maar dat die departement in so ’n geval voorkomend optree deur dadelik ’n skool te sluit en te ontsmet.

“Ons werk ook saam met die gesondheidsdepartement om kontakte op te spoor.”

Van der Merwe sê die departement sal ook seker maak dat onderwysers en leerlinge die nodige psigososiale ondersteuning kry.

“Ons is deurlopend besig om die situasie in al ons skole te monitor en volg al die stelsels en regulasies om die verspreiding van die virus te voorkom.”

Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement het Woensdagaand gesê daar is nou 494 bevestigde gevalle van die koronavirus in die provinsie.

Die 29 nuwe gevalle is in die volgende munisipale gebiede aangemeld:

• Sol Plaatje: 12

• Ga-Segonyana: 3

• Emthanjeni: 1

• Renosterberg: 1

• Thembilihle: 2

• Ubuntu: 3

• Umsobomvu: 4

• Kgatelopele: 1

Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.