Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
14-jarige loop wêreld storm met haar digkuns

Die digbundel van ’n 14-jarige skoolmeisie met albinisme van Lichtenburg maak opslae in die buiteland.

Reba Rabaji, ’n leerling van die Hoërskool Lichtenburg in Noordwes, sê self haar digbundel is ’n “moet-hê, want dis uiters verslawend”.

Reba Rabaji saam met Dawie Mathee, hoof van die Hoërskool Lichtenburg. Foto: Facebook

“Ek is net 14, maar ek weet ek gaan geskiedenis maak met my werk,” lui een van haar twiets.

Reba sê Starlight: A Poetry Collection, wat uit 36 gedigte bestaan, is op 25 Januarie deur ’n Britse uitgewer, Olympia Publishers, uitgereik en word wêreldwyd bemark.

Ek is bly ek het my potensiaal ontdek en die kans aangegryp.
Reba RabajiFoto: Twitter

Die boek is reeds in Australië uitverkoop.

Sy sê die gedigte is meestal deur haar eie lewe geïnspireer. Sy het gedigte begin skryf toe sy 11 was.

“Dit was moeilik om by die skool in te pas, so ek het skryf as ’n kreatiewe uitlaatklep gebruik. Ek het nooit gedink dat dit so ’n groot impak op my lewe sou hê nie.

“Ek is bly ek het my potensiaal ontdek en die kans aangegryp. Ek wil hê almal wat die boek lees, moet dieselfde doen.”

Reba is reeds besig met haar volgende boek. Sy wou nie nou al verklap waaroor dié boek gaan nie.

Haar Engels-onderwyser en haar pa het gedink die gedigte is so goed dat sy dit moet publiseer, en sy het op die internet na ’n uitgewer begin soek.

Sy sê “Outcast”is vir haar die mees emosionele gedig in die bundel.

Dawie Mathee, haar skoolhoof, sê hy is trots op haar.

“Dit is absoluut fantasties. Dit is ’n uitsonderlike prestasie.”

Mathee het die boek wat Reba aan die skool geskenk het, vroeër die week in ontvangs geneem.

Reba is reeds besig met haar volgende boek. Sy wou nie nou al verklap waaroor dié boek gaan nie.

Die voorblad van Reba Rabaji se digbundel, Starlight: A Poetry Collection. Foto: Verskaf
Meer oor:  14-Jarige  |  Digkuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.