Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
’18-matriekuitslae word dán uitgereik

Volksblad sal weer gehaltediens aan sy lesers bied met die publisering en verspreiding van 2018 se matriekuitslae in die Vrystaat en Noord-Kaap.

Die uitslae word op 3 Januarie bekend gemaak en Volksblad vra skole se samewerking om te verseker hul toppresteerders se prestasies haal die koerant en kry die nodige erkenning.

Skole wat verwag dat van hul leerlinge ses of meer onderskeidings kan behaal, moet dié leerlinge se name, eksamennommer en kontaknommers met aangehegte foto’s aan Volksblad stuur. ’n Kontaknommer van ’n verteenwoordiger van die skool moet ook verskaf word.

Dit is belangrik dat al die inligting voor Vrydag 19 Oktober per e-pos na matrieks@volksblad.com of na kaydene.jordaan@24.com gestuur word.

Bel Kaydene Davids by 051404 7890 met navrae.

Meer oor:  Vrystaat  |  Noord-Kaap  |  Matriekeksamen2018
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.