Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
2 leerlinge neem eie lewe in Gauteng

Die Gautengse departement van onderwys ondersteun twee skole in die provinsie nadat twee leerlinge die week hul eie lewe geneem het.

Christopher Kupfer (19), ’n matriekleerling van die Hoërskool Bekker in Magaliesburg, is Sondag dood.

Christopher Kupfer (19), ’n matriekleerling van die Hoërskool Bekker. Foto: Hoërskool Bekker/Facebook

Sy pa, Jurie Kupfer, het presies 05:12 daardie oggend op sy Facebook-blad geskryf: “Dit is met trane van pyn in my hart dat ek julle almal in kennis moet stel ons seun Christopher Kupfer, gebore 7 November 2000, het sy eie lewe geneem hierdie oggend.

“Ons sal jou mis, my geliefde seun,” skryf Jurie in afsluiting op sy boodskap.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, sê in ’n verklaring Christopher het ’n brief agtergelaat wat deel van die polisie se ondersoek sal uitmaak.

Christopher se skool betuig ook in ’n verklaring sy medelye met sy familie.

“Mag God julle onderskraag in dié tyd van rou. Julle is in Bekker se gebede,” lees die inskrywing.

Heelwat vriende het hier ook hul medelye betoon.

Billie Jean Dudley skryf Christopher was ’n ware voorbeeld van ’n engel wat op aarde geleef het.

“Hy het altyd ’n glimlag op sy gesig gehad en het nooit neerhalend gepraat met ander mense nie,” skryf Dudley.

’n Familievriend het aangedui dat sy familie platgeslaan is en nie dadelik met die media wil praat nie.

In nog ’n voorval, twee dae voor Christopher se dood, het ’n 17-jarige meisie van die Phahama Sekondêre Skool in Soweto haarself glo in haar ouerhuis gehang.

Volgens die departement is die vermoede dat sy haar nuwe selfoon verloor het en te bang was om haar ouers daarvan te sê.

Haar naam is nie bekend gemaak nie.

Lesufi sê dit is betreurenswaardig en hartseer dat leerlinge hul eie lewe beëindig. Hy het sy medelye aan die families oorgedra en sê sy departement sal albei skole met sielkundige hulp bystaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.