Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
2 leerlinge sterf glo weens voedsel-vergiftiging

Minstens twee leerlinge van ’n laerskool in eMalahleni (Witbank) in Mpumalanga is Maandag vermoedelik aan voedselvergiftiging dood.

Jasper Zwane, woordvoerder van die departement van onderwys in die provinsie, sê die departement is geskok oor die leerlinge se dood.

Nelson Ngubeni School
Nelson Ngubeni Primary School. Foto: Google Maps

“Ons departement het met skok uitgevind dat daar leerlinge van die Nelson Ngubeni Primary School in die Emalahleni- plaaslike munisipaliteit Maandagmiddag moontlik aan voedselvergiftiging dood is,” sê Zwane.

Die departement het bevestig dat twee leerlinge dood is terwyl 'n derde leerling in die waakeenheid opgeneem is.

Zwane sê minstens tien ander leerlinge van hierdie skool word tans ook in die Emalahleni-hospitaal behandel.

Die departement het die nodige amptenare na die skool en die hospitaal ontplooi sodat hulle bystand aan die ouers en leerlinge kan verleen.

Bonakele Majuba, LUR van onderwys in die provinsie, sal die hospitaal en die skool Dinsdagoggend besoek.

Zwane sê die besoek sal die departement van meer inligting verskaf oor wat gebeur het en wat gedoen moet word.

* Die berig is aangepas sedert hy aanvanklik geplaas is.

Meer oor:  Witbank  |  Onderwysdepartement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.