Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
30% vir taal nou genoeg om BA te kan studeer

’n Matriekleerling wat ’n Baccalaureus-graad wil behaal maar nie akademies presteer nie, se kans om sy drome na te jaag is pas verbeter.

Leerlinge hoef nou net 30% te behaal in die onderrigtaal van die naskoolse instelling waar hulle wil studeer en 50% tot 59% in enige vier 20-krediet-matriekvakke. Hulle moet steeds 40% in hul eerste taal behaal.

Naledi Pandor, minister van hoër onderwys, het Vrydag die nuwe minimum vereistes bekend gemaak.

Voorheen moes voornemende BA-studente meer as 50% in vier vakke uit ’n lys van 18 vakke behaal.

Ander universiteite het die stap gekritiseer omdat hulle meen dit kan tot ’n stormloop van aansoekers lei by instansies wat reeds sukkel om matrieks te plaas.

Pandor sê die veranderinge is aangebring ná raadpleging met die raad vir hoër onderwys.

Die nuwe vereistes sal terugwerkend van 1 Augustus 2018 geld.

Naskoolse instellings kan egter steeds ’n gepaste vakprestasie vir ’n spesifieke program bepaal.

Prof. Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê hoewel die UV nog nie die implikasie ten volle ontleed het nie, voorsien hy nie ’n beduidende impak nie.

“Ons kry in die algemeen aansoeke van hoëprestasie-matrikulante en vir 2019 is die aansoeke reeds veel hoër as die vorige voorvereistes.” Daar is egter die gevaar dat heeltemal te veel aansoeke ontvang word.

Ander universiteite het die stap gekritiseer omdat hulle meen dit kan tot ’n stormloop van aansoekers lei by instansies wat reeds sukkel om matrieks te plaas.

Education Gazette by on Scribd

Meer oor:  Naledi Pandor  |  Ba-Graad  |  Hoër Onderwys  |  Studies  |  Toelatingsvereistes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.