Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
'300 000 aanstellings voor vakansie mors geld’

Die DA beskou die aanstelling van 300 000 werkers by skole net voor die Desembervakansie as ’n vermorsing van honderdmiljoene rande.

Die poste, vir onder meer assistentonderwysers en skoonmakers, is geskep as deel van pres. Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan.

Die departement van basiese onderwys het vandeesweek op ’n sitting van die ooreenstemmende parlementêre portefeuljekomitee gesê nagenoeg R5 miljard is vir die projek opsy gesit.

Die werkers, wat almal jonger as 35 jaar moet wees, en met ’n salaris van R3 500 per maand vergoed sal word, sal op 1 Desember vir vier maande aangestel word.

Dit beteken egter dat hulle vir ’n groot deel van die tydperk met vakansie sal wees aangesien die somerskoolvakansie van 15 Desember tot 25 Januarie duur.

Die departement voer glo aan die aanstellings word so vroeg gedoen omdat die departement surplusgeld het wat hy voor die einde van die boekjaar wil bestee.

Die departement voer glo aan die aanstellings word so vroeg gedoen omdat die departement surplusgeld het wat hy voor die einde van die boekjaar wil bestee.

Nomsa Marchesi, DA-LP, het Sondag in ’n verklaring ’n beroep op die onderwysdepartement gedoen om die werkers eerder in die nuwe skooljaar te laat inval.

Volgens haar sal R1,1 miljard in die water gegooi word as die werkers betaling ontvang wanneer hulle met verlof is.

Sy sê die departement moet eers al die opsies oorweeg, soos om met die tesourie te onderhandel om van die geld na die volgende boekjaar oor te dra.

“Die departement kan nie bloot in ’n hoek staan en geld rondgooi nie. Die werkers moet optimaal ingespan word om skole te help, want onderwysers werk onder groot druk,” sê Marchesi.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die nasionale departement van onderwys, het nie op navrae gereageer nie.

Die aansoekproses vir die poste het reeds gesluit.

Basil Manuel, uitvoerende hoof van die onderwysvakbond Naptosa, sê volgens die departement is die primêre doel van die betalings om werkloosheid te verlig en om die ekonomie te stimuleer.

“Die argument is dat eerder as om geld gratis weg te gee soos in sommige ander lande gebeur het, ’n mens daarvoor moet werk,” sê Manuel.

Tog sou die vakbond dit verkies het dat die werkers eers in die nuwe skooljaar begin.

“Ons raai egter skole aan om die aanbod te gebruik en die werkers in te span. Hulle kan tog help om handboeke te orden en onderwysers met allerlei takies help,” sê hy.

Manuel is bekommerd dat die nagaan van kandidate se misdaadrekord nie voor Desember voltooi sal wees nie.

Meer oor:  Ekonomie  |  Onderwysers  |  Werkers  |  Vakansie  |  Begroting  |  Skole  |  Onderwysdepartement  |  Onderrig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.