Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
38 skole in Wes-Kaap besteel, beskadig in Julie-vakansie
Debbie Schäfer Foto: Verskaf

Nie minder nie as 38 skole in die Wes-Kaap het die afgelope vakansie onder vandale, inbrake en pogings tot inbraak deurgeloop.

Debbie Schäfer, LUR vir onderwys, sê sy is uiters teleurgesteld omdat skole weer gedurende die Julie-skoolvakansie deur gewetenlose misdadigers geteiken is.

“Ons skole moet reeds in moeilike omstandighede hul werk voortsit, en die laaste ding wat hulle nodig het, is om verder ontwrig te word deur diefstal en skade.”

Goedere wat volgens ’n verklaring gesteel is, sluit in sporttoerusting, tuin- en instandhoudingsgereedskap, heinings, elektriese kabels, beligting, kos vir skoolmaaltye, kombuisgereedskap, rekenaartoerusting en skryfbehoeftes.

In sommige gevalle is niks gesteel nie, maar daar is steeds groot skade aangerig soos wat misdadigers infrastruktuur beskadig het om toegang te probeer kry.

Mense wat genader word om van die items te koop moet dit dadelik aanmeld, vra Schäfer.

Die totale skade en vervangingskoste word nog bepaal, maar in die 2020-’21-boekjaar het die departement sowat R10 miljoen daaraan bestee.

Volgens Schäfer is ’n veiligheidswag in een van die voorvalle die afgelope vakansie vermoor toe hy oortreders gekonfronteer het.

Mense kan voorvalle van vandalisme en diefstal by die Veilige Skole-inbelsentrum by 0800 45 46 47 aanmeld.

Meer oor:  Debbie Schäfer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.