Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
4 klaskamers van skool op Delmas brand af

Alternatiewe plekke moet nou vir leerlinge van die Botleng Secondary School in Delmas, Mpumalanga, gesoek word nadat hul klaskamers die naweek afgebrand het.

Vier klaskamers in die skool was Saterdagaand in ligte laaie.

Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, sê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Die finansiële omvang van die skade moet nog vasgestel word.

Volgens Zwane moet die departement alternatiewe plekke soos kerke oorweeg om seker te maak dat die leerlinge nie met hul skoolwerk agter raak nie.

“Ons het nie die geld om môreoggend nuwe klaskamers te bou nie en ons wil ook nie hê die leerlinge moet met hul skoolwerk agter raak nie,” sê hy.

Die polisie ondersoek ’n saak van brandstigting.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Delmas  |  Afgebrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.