Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
5 skole in die Paarl wil nie nou oop wees

Die skoolbeheerliggame van vyf skole in die Paarl in die Boland het Maandag op ’n vergadering besluit dat hulle die bestuur van die skole gaan vra om hierdie skole vir eers nie oop te maak nie.

Henry Clayton, woordvoerder vir die groep beheerliggame, het Woensdag gesê die Wes-Kaap het nog nie die piek van infeksies met die koronavirus gesien nie.

Hy sê hulle het dié besluit geneem omdat die Drakenstein-gebied, waaronder die Paarl val, een van die brandpunte is waar die aantal infeksies aan die toeneem is.

In ’n brief wat die skoolbeheerliggame Maandag aan die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) gestuur het, sê hulle dat hulle bekommerd is oor die onderwysers en leerlinge van die Dalweide Primary School, die William Lloyd Primary School, die Magnolia Primary Scool, die Charleston Hill Secondary School, en Paulus Joubert Sekondêr. Die skole is almal in die Paarl.

Die gesamentlike brief wat die skoolbeheerliggame van vyf skole in die Paarl aan die WKOD gerig het. Foto: Verskaf

Hulle sê daar is reeds ’n aantal onderwysers by die skole wat positief vir die koronavirus getoets is, en ander wat ernstig siek in die hospitaal is.

Die beheerliggame voer aan dat die aantal gevalle in die Drakenstein-gebied daagliks toeneem en dat die regering en die departement van basiese onderwys met mense se lewe dobbel.

Hulle beweer ook dat die onderwysers daagliks aan marteling onderwerp word. Volgens die skoolbeheerliggame is die marteling wel nie fisiek van aard nie, maar wel emosioneel en geestelik.

“Ons onderwysers is angstig en ’n angstige opvoeder kan nie gehalteonderrig gee nie,” sê Clayton.

Hy sê dat hy Woensdagoggend by die Dalweide Primary School was waar net 55 van die meer as 100 gr. 7-leerlinge by die skool was. “Ons ouers is bang vir hul kinders se lewe,” sê hy.

* Bronagh Hammond, WKOD-woordvoerder, het Woensdag gesê dat hulle van die brief van die skoolbeheerliggaam kennis neem en dat hulle dit sal bespreek.

Sy sê die skole is oop, maar dis nie duidelik hoeveel leerlinge wel vir skool opgedaag het nie.

Volgens Hammond het ‘n skoolbeheerliggam nie ‘n mandaat om ‘n skool te sluit nie en dit is onwettig indien dit sonder die toestemming van die departementshoof geskied.

Hammond sê dat Angie Motsheka, die nasionale minister van basiese onderwys, na konsultasie met die nasionale bevelsraad aangekondig het dat skole op 1 Junie vir gr. 7 en gr. 12 sou oopmaak. Dit sal gevolg word met die geleidelike oopmaak vir ander grade vanaf 6 Julie en 3 Augustus onderskeidelik.

“Die opening van skole moet in dié konteks gesien word. Daar is meer as 1 400 skole wat elke dag in die provinsie oop is,” sê Hammond.

Sy sê ook die departement het elke skool met die nodige veiligheids- en skoonmaakmateriaal voorsien om ‘n veilige omgewing vir onderwysers en leerlinge te verseker.

Meer oor:  Paarl  |  Boland  |  Covid-19  |  Coronavirus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.