Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘5 wittes sal brand’-dreigement: Klagte by MRK ingedien
Zaandré Campher, DA-raadslid van die Mangaung-metro, by die Menseregtekommissie waar hy ’n klag van haatspraak ingedien het oor die Facebook-inskrywing dat vyf wittes by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein verbrand moet word. Foto: Verskaf

’n Dreigement op Facebook dat vyf wit studente “verbrand” gaan word, het daartoe gelei dat die DA in die Mangaung-metro ’n klag by die Menseregtekommissie (MRK) in Bloemfontein ingedien het oor aanhitsing tot geweld en haatspraak.

Zaandré Campher, DA-raadslid, het die klag Maandag ingedien.

Dit kom nadat ene Boitumelo Mokobe verlede week op die Facebookblad van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein die dreigement gemaak het dat “vyf wit studente môre verbrand gaan word. Net om ’n punt aan (die radiostasie) OFM te bewys.”

Prof. Henk de Jager, visekanselier van SUT, het Vrydag op ’n mediakonferensie gesê die saak word ondersoek. As Mokobe ’n student aan die instelling is, sal daar teen hom opgetree word.

Campher sê die DA kan die kwessie nie ignoreer nie en het ’n klag by die MRK ingedien met die versoek dat die skuldige ingevolge wetgewing vervolg moet word.

Volgens hom is daar maniere om die werklike sender van die boodskap op te spoor, al is die plasing onder ’n vals identiteit en ’n vals Facebook-profiel geskep.

“Ons het ook die visekanselier gevra om die bevindings van sy ondersoek openbaar te maak omdat dit ’n saak van openbare belang is.”

Campher sê die DA glo almal is gelyk voor die wet en die party sal altyd daarna streef om dít te beskerm.

“Gebruikers van die sosiale media moenie dink dat hulle agter ’n profiel kan wegkruip nie. Die wet sal sy loop neem.”

Gebruikers van die sosiale media moenie dink dat hulle agter ’n profiel kan wegkruip nie. Die wet sal sy loop neem.

Chantelle du Preez, nasionale koördineerder van AfriForum Jeug, het ook ’n brief aan De Jager gestuur oor dié Facebook-dreigement.

Sy sê AfriForum Jeug wil sy weersin uitspreek oor die verklarings wat betogende studente op sosiale media gemaak het. “Een van ons lede wat ’n SUT-student is, het ’n klag van aanhitsing tot geweld en rassisme teen Mokobe by die Parkweg-polisiekantoor aanhangig gemaak omdat baie studente vrees dat die dreigemente wel uitvoer sal word.”

Du Preez vra De Jager indien Mokobe, Khauhelo Loape en September Papie, wat die dreigemente gemaak het, ingeskrewe studente aan die SUT is, moet hulle ondersoek word vir haatspraak en wangedrag kragtens die gedragskode van die SUT.

Meer oor:  Mrk  |  Haatspraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.