Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
500 000 inentings vir onderwysers 'net 'n droom'

Die plan om sowat 500 000 onderwysers en ander personeel in die onderwyssektor voor einde Junie teen Covid-19 in te ent, is “nog net ’n droom”.

Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, sê onderwysvakbonde se uitsprake hieroor was voortydig omdat die beoogde entstof nog nie eens in die land is nie.

“Geen onderwyspersoneellede gaan dié week ingeënt word nie, behalwe as hulle reeds 60 is en vir fase 2 geregistreer het. En as die entstof nie teen die einde van die week in die land is nie, is ek bevrees die geleentheid om diegene in die onderwyssektor voor Julie in te ent, gaan verdwyn,” sê hy.

Volgens Crisp is 480 000 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof vir Suid-Afrika aangebied as plaasvervanger vir entstowwe wat moontlik tydens die inentingsprogram verlore gegaan het.

“Die vangplek is dat ons dit teen 28 Junie moet gebruik. Ons het besluit om te kyk of dit moontlik is om dié entstof te gebruik vir ’n inentingsprogram vir die onderwyssektor, wat een van ons volgende prioriteite is,” sê hy.

Geen onderwyspersoneellede gaan dié week ingeënt word nie, behalwe as hulle reeds 60 is en vir fase 2 geregistreer het.

Die verwagting was dat die Amerikaanse kos-en-medisyne-owerheid (FDA) die entstof teen Vrydag sou goedkeur, maar dit het teen Maandag nog nie gebeur nie. Die FDA het ’n probleem uitgewys by ’n Amerikaanse maatskappy wat deur Johnson & Johnson gekontrakteer is om ’n bestanddeel vir die entstof te maak.

“As ons entstof ontvang, is dit gewoonlik nog gevries en ons kan dit vir maande bêre, maar dié is klaar ontdooi en daar is net twee en ’n half weke oor voordat dit verval,” sê Crisp.

“As die FDA dit môre (Dinsdag) goedkeur, sal dit Vrydag in Suid-Afrika wees en dan is daar nog sekere regulatoriese prosesse wat gedoen moet word.”

As die entstof wel betyds in Suid-Afrika is, het die departement van basiese onderwys en departement van gesondheid volgens Crisp ’n plan om die inentings moontlik te maak.

“Dis nie net vir onderwysers nie, dis vir die hele sektor,” sê hy.

“Die idee was dus om ’n lys van almal in die sektor te kry, wat departementele aanstellings, beheerliggaamaanstellings en personeel van private skole insluit. Daar is planne vir verskeie sentrale inentingspunte in elke provinsie en die onderwysdepartement sal seker maak almal kom daar uit.”

Verskeie onderwysvakbonde het die afgelope twee dae inligting aan hul lede gegee oor hoe die proses moontlik kan werk.

Elijah Mhlanga, woordvoerder vir die onderwysdepartement, het Maandag gesê die onderwysvakbonde het uit hul beurt gepraat. Hy het alle navrae na die departement van gesondheid verwys.

Meer oor:  Nicholas Crisp  |  Pandemie  |  Inentings  |  Onderwys  |  Covid-19  |  Koroanvirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.