Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
7 skole in Noord-Kaap al weens virus gesluit

Die Hoërskool Veritas op De Aar is die sewende skool in die Noord-Kaap wat weens die koronavirus tydelik gesluit is.

Volgens Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse onderwysdepartement, is die skool Vrydag tydelik gesluit nadat ’n positiewe geval hier aangemeld is.

Intussen het die departement die resultate van die kontak-opsporing van die geval by die Laerskool Zingisani op dieselfde dorp ontvang en die departement help die skool om voor te berei om te kan heropen, sê Van der Merwe.

Die ander skole in die provinsie wat tydelik gesluit is om ontsmet te word, is die Laerskool Beacon in Kimberley, die Hoërskool Carnarvon, die Hoërskool Phillipstown, die Hoërskool Enoch Mthetho en die Laerskool Ikhwezi Lokusa in Noupoort.

Die jongste beskikbare syfers toon dat die getal positiewe gevalle in die provinsie sedert Saterdag van 355 tot 404 gestyg het.

Volgens die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement het 215 mense reeds van die virus herstel en is een persoon dood.

Die departement is besig met massa-sifting en toetse in die Pixley Ka Seme-distrik, waar die aantal positiewe gevalle skerp gestyg het.

Die munisipale gebiede met die hoogste syfers is Umsobomvu (87), Sol Plaatje (103) en Tsantsabane (53).

So lyk die syfers in die onderskeie distrikte:

  • Pixley Ka Seme: 153
  • Frances Baard: 123
  • ZF Mgcawu: 87
  • John Taolo Gaetsewe: 25
  • Namakwa: 16
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.