Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
7 stelle 2-linge en ’n 3-ling groet hul laerskool

Die Laerskool Durbanville in die noordelike voorstede van Kaapstad spog vir oulaas met sy sewe stelle tweelinge en ’n drieling wat almal in 2020 hoërskool toe gaan.

Die spannetjie het saam in gr. 4 by die laerskool begin, sê Hettie Smit, woordvoerder van die skool.

Die skool bied onderrig van gr. 4 tot gr. 7 aan.

Voor: Ilse Gijsbers; Emma en Suné du Toit; Amelia en Amalia De-Abreu; Tanzyn-Lee en Jevan Schoeman; en Liebrecht Winterbach. Agter: Lisa Gijsbers; Jayden en Raynard Kamffer; Amelia, Inge en Saskia Reddering; Johan en Christiaan Wege; en Hubert Winterbach. Foto: Verskaf

Die tweelinge is Ilse en Lisa Gijsbers, Emma en Suné du Toit, Amelia en Amalia De-Abreu, Tanzyn-Lee en Jevan Schoeman, Liebrecht en Hubert Winterbach, Jayden en Raynard Kamffer, en Johan en Christiaan Wege.

Smith sê hulle is nie almal identiese tweelinge nie.

Dan is daar ook die drieling Amelia, Inge en Saskia Reddering.

“Dit is die eerste keer dat dieLaerskool Durbanville skool so baie tweelinge en ’n drieling in dieselfde graad het. Kyk, dit is besonders dat ons so ’n groot groep het.”

Voorheen was almal, behalwe die Schoeman-tweeling, van gr. 1 saam in die Durbanville-voorbereidingskool.

Smit sê die sibbes is nie almal in dieselfde klasse nie om verwarring te vermy. “Ek kan hulle ook nog steeds nie uitmekaar ken nie,” sê sy.

“Die skool is groot, maar ek is seker baie van hulle is wel maats. Hulle ken mekaar ook al baie lank.”

Nou gaan die spannetjie volgende jaar na verskillende hoërskole.

Die skattige groep in 2016 toe hulle in gr. 4 aan die Laerskool Durbanville was. Foto: Verskaf

Volgens Smith gaan sommige van hulle na die Hoërskool Durbanville, terwyl ander na hoërskole in Stellenbosch en die Paarl gaan.

Meer oor:  Kaapstad  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.