Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
700 gekeurdes kan nie verpleging studeer

Honderde voornemende verpleegkundestudente sal vanjaar nie kan studeer nie omdat die Gautengse gesondheidsdepartement nie geld het om hul studies te finansier nie.

Sowat 700 verplegingskandidate wat reeds verlede jaar vir drie Gautengse verplegingskolleges gekeur is, word geraak.

Hulle is glo in Desember gesê om tot verdere kennisgewing nie by die kolleges aan te meld nie.

Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondheid in die provinsie, sê die Ann Latsky Nursing College, Chris Hani Baragwanath Nursing College en die S.G. Lourens-verplegingskollege word geraak.

Foto ter illustrasie. Foto: Simone Kley

Volgens hom het Lesemang Matuka, woordvoerder van die departement, gesê dat die departement nie die R57 miljoen het wat nodig is om die studies van die eerstejaarstudente te finansier nie.

“So die kolleges sal slegs eerstejaarstudente met eksterne beurse of dié wat self hul klasgeld kan bekostig, inneem,” sê Bloom.

Hy sê dit is ’n wrede slag vir arm studente wat die keuringsproses geslaag het, maar nou in die steek gelaat is met geen ander studie-opsies vir vanjaar nie.

“Die onderfinansiering van verpleegopleiding is baie onverstandig aangesien ons min opgeleide verpleegkundiges in ons gesondheidstelsel het,” sê Bloom.

Volgens die 2016/’17-gesondheidsverslag van Gauteng is daar 982 vakante poste vir professionele verpleërs, 536 vir professionele studentverpleërs en 495 vir stafverpleërs.

Bloom sê die departement moet dringend die kansellasie van die opleiding van eerstejaarverpleegstudente heroorweeg. Hy sê dis ’n prioriteit wat nie weens ’n swak begroting in die slag mag bly nie.

Die departement het nie op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Jack Bloom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.