Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Balans in die lewe is Eddie se wenresep
Eddie Barnard speel graag kitaar in sy vrye tyd.

’n Gebalanseerde lewenswyse: rus, speel én harde werk was Eddie Barnard se wenresep vir die welslae wat hy in die afgelope matriekeksamen behaal het.

Eddie, wat verlede jaar aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark matriek geskryf het, het onderskeidings in al agt sy vakke – Afrikaans, Engels, wiskunde, geografie, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, lewensoriëntering en ingenieursgrafika en -ontwerp – behaal.

Dit het kopkrap gekos om te besluit in watter rigting hy vanjaar gaan studeer, veral nadat psigometriese toetse gewys het hy is aangelê vir “enige ­rig­­ting”, vertel hy.

Hy het toe besluit om chemiese ingenieurs­wese aan die Universiteit van Pretoria te gaan swot.

Eddie was verlede jaar lid van sy skool se leerlingraad. Hy het vir sy skool se tweede span krieket gespeel en was ook lid van die skool se debatspan.

Hy vertel hy het juis besluit om aan debatte deel te neem om hom selfvertroue te gee om voor mense te praat.

Eddie het tydens sy matriekjaar streng by ’n werkrooster gehou en genoeg tyd vir ontspanning gemaak.

Hy speel graag kitaar en het die afgelope vyf jaar les geneem. Eddie het in sy vrye tyd ook graag modelvliegtuie en -karretjies gebou.

Sy ma, Yolandi, is ’n tuisteskepper en sy pa, Anton, ’n elektromeganikus. Hy het ook ’n jonger broer, Nico, wat vanjaar in gr. 8 aan die Hoërskool Driehoek is.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.