Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Claudia kry so dans-dans 8 A’s
Claudia Osato se droom is om kinders en jongmense te help.

Dans, dans, dans!

Dis al wat Claudia Osato wil doen.

Dié oudleerling aan die Saheti-skool in Johannesburg het begin dans toe sy net drie jaar oud was. Sy het al alles – van ballet tot gimnastiek tot moderne kontemporêre dans – gedoen.

“Ek gebruik dans om te ontspan. Die afgelope jaar se emo-sionele en fisieke druk was genoeg om enigiemand mal te maak. Dans het my baie gehelp om in beheer te bly en te fokus,” sê sy.

Sy het agt onderskeidings: in Engels, Afrikaans, Grieks, lewensoriëntering, wiskunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en geskiedenis.

Claudia doen moderne kontemporêre dans by die Tracy Merrick-dansateljee in Norwood.

Sy wil graag ontwikkelingsarbeidsterapie studeer, want haar droom is om kinders en jongmense te help. Sy gaan aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) studeer omdat dit naby haar huis is en sy dus nie in ’n koshuis hoef te bly nie.

Claudia se ma, Dezzi, voer klere in van Italië en verkoop dit dan by haar winkel in Bedfordview. Haar pa, Salva, besit re-staurante in Johannesburg.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.