Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Jonathan Jansen: ‘Ek moet keer dat die universiteit bankrot verklaar word’

“Ek kan nie vir al jul vereistes ‘ja’ sê nie, want dan sal ons oor ’n maand nie meer hier sit nie.”

Só het prof. Jonathan Jansen, rektor en vise-kanselier van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Woensdag aan sowat 900 studente gesê nadat hulle Dinsdagmiddag ’n griefskrif aan hom oorhandig het en die rektoraat daarop moes reageer.

Hy het herhaaldelik aan die studente gesê hy het twee verantwoordelikhede teenoor die universiteit.

“Nommer een is om na julle te luister en oplossings te probeer vind vir jul probleme.

“Nommer twee is dat ek moet keer dat die universiteit bankrot verklaar word. En ek belowe julle: dít sal nie gebeur terwyl ek hier is nie.”

Die UV-rektoraat het tot die meeste van die studente se griewe toegegee.

Oor die verwydering van die C.R. Swart- en M.T. Steyn-standbeelde, asook die herbenoeming van die regsfakulteit, het Jansen gesê dit is nie ’n besluit wat ’n mens in een dag kan neem nie.

“Julle (die studente) kan met voorstelle na ons toe kom, ons kan daaroor praat en prosesse begin. Maar dit is nie iets waaroor ons nóú kan besluit nie.”

Jansen het uiteengesit waarom hulle oor die res van die griewe met die studente saamstem of waarom hulle nie van die ander kan toelaat nie.

Hy het verduidelik dat hulle sekere dinge nie gratis aan die studente kan gee nie, want dan sal die universiteit binne ’n maand bankrot wees.

Jansen het ná die tyd gesê dat hy voel die vergadering het heel goed afgeloop.

“In vergelyking met die res van die universiteite in Suid-Afrika, het vanmiddag baie goed gegaan.

“Ek is baie trots op die studente dat hulle nie gewelddadig geraak het of hand uitgeruk het nie.”

Van die studente is tevrede met wat Jansen oor die griefskrif gesê het.

“Die ander wat oor die terugvoer kla, moet besef dat dinge nie oornag kan verander nie,” sê ’n student wat graag anoniem wil bly.

“Maar verder is ek baie gelukkig daarmee.”

Oor transformasie het Jansen bevestig dat 77% van die eerstejaars wat volgende jaar medies studeer, swart sal wees.

“Om swart mense as lektore en in bestuursposisies aan te stel is ook ’n hoë prioriteit.”

Tydens die vraesessie het ’n Sasco-lid genoem dat hy voel die studente nie die rektoraat kan vertrou nie.

“Jy sê die universiteit doen baie vir transformasie, maar ons sien dit nie raak nie. Uit die 50 beurse wat Jansen aan studente gee, is net twee vir swart studente.

“Jansen Must Fall.”

Jansen sê hy gaan nie “slaap verloor” oor ’n paar studente wat só optree nie.

“Studente moet die geleentheid kry om hulself uit te druk.”

Lindokuhle Ntuli, SR-voorsitter, het gesê dat die SR is gelukkig as die studente gelukkig is, aangesien hulle verteenwoordigers van die studente is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.