Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Slinkse’ onderwysdepartement geroskam
Keelvolles laat vergadering kóók
‘Ons soek nou onmiddellike oplossings’
Kort ná dié emosionele woordewisseling tussen ’n ouer en Xolile Nqatha, voorsitter van die wetgewer se portefeuljekomitee oor onderwys, omdat hy haar nie ’n spreekbeurt wou gee nie, is die vergadering in die Baai se distriks
Dié ouers sê hulle veg nie vir ’n beter toekoms vir hulself nie, maar vir hul kinders. Solank die Oos-Kaapse onderwysdepartement nie seker te maak dat hul kinders gehalte-onderrig ontvang nie, só lank sal die skoolhekke toeb

PORT ELIZABETH. – Honderde ouers, enkele skoolhoofde en onderwysers, verby keelvol vir die onderwysprobleme in die noordelike gebiede is nóg kwater ná ’n chaotiese vergadering met die onderwysdepartement.

Nyathi Ntsiko, distriksdirekteur van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, het self só kleigetrap met sy antwoorde op ouers se vrae dat die vergadering om 10:30 vir ’n halfuur verdaag is sodat hy sy feite agtermekaar kon kry.

Die ontstoke ouers en ander betrokkenes het antwoorde op kwessies soos onderwysertekorte, die nie-betaling van onderwysers en skole se instandhoudingsbegrotings geëis.

Later het Ntsiko gesê hy was “geskok” om van sy base in Bhisho te hoor dat die skole in die noordelike gebiede wéér gesluit is.

“By die distrikskantoor het ons ’n oopdeur-beleid. Skole kon individueel na die distrikskantoor kom om hul probleme op te los. Dié massa-aksie was onnodig,” het hy gesê.

Lees ook: Ouers sluit m​instens 23 skole

Ronnie Mathys, voorsitter van die noordelike gebiede se onderwysforum, was Donderdag bloedrooi van ontsteltenis omdat die geskeduleerde vergadering met die OKOD op niks uitgeloop het.

Teen middagete het emosies al só hoog opgevlam dat die hele vergadering moes ontbind – sonder één konkrete oplossing.

Die grootste steen des aanstoots was die departement se personeelstatistieke wat aan die vergadering voorgehou is. Luidens dié verslag blyk dit dat 95% van die skole in die Baai se noordelike gebiede se onderwyspersoneel voltallig is.

“Hulle lieg, man!” het Mathys uitgevaar. “Dié statistieke wat hulle vir die ouers vandag gevoer het, is oud!”

Sommige skoolhoofde het selfs tot hul grootste verbasing gehoor dat hul vakante poste “gevul” is.

“Toe ek nou net daaroor navraag gaan doen het, het hulle gesê die briewe is op pad. Die skole wéét nie eens dat die departement mense aangestel het nie,” het Malcolm Roberts, hoof van die Laerskool Helenvale, gesê.

Ntsiko het Donderdag ouers en hoofde se bewerings dat “hy lieg” en nie met hulle kommunikeer nie, van die hand gewys.

Volgens Mathys sal skole vandag nog gesluit bly. Of ten minste totdat aan hul vereistes voldoen word.

“Ek het gedink ons sou vandag sit en soos grootmense die weg baan, maar ons het ons teen ’n onvoorbereide, slinkse departement vasgeloop.

“Die ouers is moeg van mooi woorde.

“Die memorandum wat ons oorhandig het, lui dat ons met niks minder nie as onmiddellike oplossings vir ál ons probleme tevrede sal wees.

“Dus, die stryd woed voort. Ons kan eenvoudig nie opgee nie,” het Mathys uitgevaar.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.