Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Aanvaar plek in skool of verbeur dit

Ouers wat nie voor Vrydag ’n aanbod vir ’n plek vir hul kind in ’n Gautengse skool aanvaar nie, sal dié plek verbeur.

Die Gautengse onderwysdepartement het ouers Dinsdag gewaarsku dat hulle slegs tot Vrydag om 12:00 het om die betrokke skool te besoek om die plasing te bevestig. Hulle kan tot 16:00 by die departement se hoofkantoor of by distrikskantore aanklop.

Ons sal ná Vrydag, wanneer ouers wat nie gereageer het op aanbiedinge nie en hul plekke verbeur, ons statistieke bekendmaak.

“Die departement het sy verpligting nagekom om te verseker dat elke kind in Gauteng ’n plek in ’n skool aangebied is. Ouers word aangemoedig om kinders na skole te stuur waar ’n plek aan hulle toegeken is,” lui ’n verklaring deur die departement.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het Dinsdag by navraag gesê die departement sal op verdere optrede oor dié verbeurde plekke besluit nadat vasgestel hoeveel leerlinge nog nie geplaas is nie.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het verlede week by ouers gepleit om aanbiedinge vir plasing te aanvaar “omdat dit die enigste beskikbare plekke is”.

Volgens Lesufi gaan die aansoekers wat nie op aanbiedinge gereageer het nie, geplaas word, “maar daar is net plek in skole in die townships”.

Die departement sê 11 894 meer aansoeke is in 2019 teenoor 2018 ontvang.

Mabona het Dinsdag nie gesê hoeveel leerlinge nog nie in dié provinsie in ’n skool geplaas is nie.

“Ons sal ná Vrydag, wanneer ouers wat nie gereageer het op aanbiedinge nie en hul plekke verbeur, ons statistieke bekendmaak.”

Teen Vrydag 11 Januarie was daar sowat 14 000 leerlinge wat nog nie met hul skooljaar begin het nie omdat daar nie plek vir hulle in skole is nie.

Die streke waar die grootste probleme ervaar word is Johannesburg-Suid, Tshwane-Suid en Tshwane-Wes.

Meer oor:  Onderwysdepartement  |  Panyaza Lesufi  |  Steve Mabona  |  Gauteng  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.