Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Adam Habib bedank by Wits

Prof. Adam Habib het as visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand bedank.

Hy sal teen Desember vanjaar sy kantoor ontruim.

Prof. Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Foto: VERSKAF

Habib het ’n pos in Londen aanvaar en sal vanaf 1 Januarie 2021 verbonde wees aan die Skool vir Oosterse en Afrika-studies (SOAS) aan die Universiteit van Londen, waar hy as direkteur van die skool sal dien.

“Ek is einde laasjaar genader om aansoek te doen vir die pos. Ek was baie verbaas toe ek die pos aangebied is.

“Ná baie gesprekke met my familie en met die Wits-raad het ek besluit om die pos te aanvaar. Die besluit is nie ligtelik geneem nie,” sê Habib in ’n mediaverklaring van Wits.

Hy was die afgelope sewe jaar visekanselier van Wits.

Meer oor:  Wits  |  Adam Habib
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.