Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Adam Small wens Wim en Kie. geluk ná besluit oor taal
Die digter en dramaturg Adam Small het in ’n brief in die Cape Times sy steun aan die Universiteit Stellenbosch se rektor, Wim de Villiers, toegesê. Foto: Bertram Malgas

Geluk, rektor Wim de Villiers! Geluk, prof. Amanda Gouws!

Prof. Adam Small, die bekroonde digter en dramaturg, het die Universiteit Stellenbosch (US) se rektor en Gouws, ’n dosent in politieke wetenskap by Maties, gelukgewens met hul pogings om dié universiteit uit ’n wêreld van “beperkende eksklusiwiteit” te skuif.

In ’n ope brief wat Maandag in die Cape Times gepubliseer is, skryf Small dat die US se besluit om Engels as onderrigtaal uit te brei geen “bedreiging” vir Afrikaans inhou nie, en dat dit ook glad nie dui op die “uitverkoping” van die taal nie.

“Inteendeel, Afrikaans word bevorder.”

Boonop sou die gesiene Afrikaanse digter NP van Wyk Louw geen probleem met De Villiers of Gouws se benadering in die hedendaagse Suid-Afrikaanse konteks gehad het nie.

“Louw se standpunt was altyd dat mense uit hul ‘kleinburgerlikheid’ behoort te klim en ’n breër wêreld van intellek (en, weliswaar, liefde) moet aanneem,” skryf Small.

Hy wys daarop dat terwyl Afrikaans dalk die taal van die onderdrukker is, dit ook ’n taal van groot vryheid is.

“Geluk, prof. Amanda Gouws en prof. Wim de Villiers, op jul beheerste en sorgsame uitdrukking. Julle verkoop nie Afrikaans uit nie,” sluit hy die brief af.

Meer oor:  Amanda Gouws  |  Maties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.