Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Affies: ‘Detensie nie gepaste straf’

Omdat 26 oudleerlinge van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) nog nie besef het hulle was verkeerd toe hulle Juané Slabbert glo met geweld gedreig het nie, word hulle nou gedagvaar.

“Hulle moet gehelp word deur gemeenskapsdiens te doen by ’n organisasie waar vrouemishandeling getakel word sodat hul kan besef waaroor dit gaan,” sê Slabbert.

Dr. Lynn Preston, opvoedkundige sielkundige verbonde aan die Noordwes-Universiteit. Foto: Argief

Sy sê sy het nou die rol aangeneem “om die stem te wees vir baie ander meisies wat te bang is en eerder stilbly”.

Volgens Slabbert (20) was die stappe wat Affies gedoen het nie voldoende om die seuns te tug nie, wat haar glo met geweld gedreig en verkleineer het omdat sy ’n Affies-pet gedra het.

Onderwyskenners stem saam met haar.

Die saak draai nou in die gelykheidshof.

Slabbert, ’n student in die regte aan Tukkies, eis R100 000 vergoeding, asook onvoorwaardelike verskonings en strukturele ingryping soos opleiding oor geslagsensitiwiteit by dié seunskool.

Prof. Elda de Waal, onderwysregkenner aan die Noordwes-Universiteit se EduHRight-navorsingseenheid. Foto: Argief

Die seuns, wat in 2015 in matriek was, het luidens hofstukke in Augustus daardie jaar ’n WhatsApp-groep begin waarin Slabbert glo met geweld gedreig is nadat sy ’n Affies-pet op ’n partytjie saam met oud-Affies gedra het. Dit is glo tradisie dat slegs leerlinge en oudleerlinge die pet mag dra.

Die seuns het ’n foto van haar met die pet op gesien en dit nie net daar gelaat nie.

“juane ek ken jou rrg van geen c**t af nie . . . ma ek verstaan jy kry nie aandag by enige ou nie (well duh jyhs v*kk*n lelik) . . . so as jy weer biqi aleen voel, los net ons pet uit en v*kk*f” (sic),” was een van die boodskappe op die WhatsApp-groep.

Slabbert, wat toe ook in matriek was, is ook tot die groep gevoeg.

Nog een het geskryf: “F*kk*n t**f. Ek sal haar met my kop d***.”

Pierre Edwards, skoolhoof, voer in hofstukke aan die skool kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir “minderjariges se kommentaar op sosiale media buite skoolverband nie”.

Edwards sê verder in hofstukke die skool het vir die betrokke seuns “ernstige waarskuwings en detensie-sessies gegee”.

Die skool het ook ’n kenner gekry om die skool oor die gevare van sosiale media toe te spreek.

Een leerling se voorreg om die skoolklok te lui op die matrieks se laaste skooldag is teruggetrek. Nog een is as skooldirigent onthef.

Dr. Lynn Preston, opvoedkundige sielkundige verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), sê detensie help gewoonlik nie met sulke oortredings nie.

“Ek glo in herstellende geregtigheid. Tieners moet begryp waarom hulle verkeerd is. Hulle moet in die skoene geplaas word van die slagoffer. Gemeenskapsdiens sou meer vanpas wees.

“Hulle gaan niks van geslagskwessies in detensie leer nie,” sê Preston.

Die saak is tans sub judice, maar gegewe die belangrikheid waarmee die skool die saak, en geweld of intimidasie teen vroue en kinders beskou, is die skool reeds in gesprek met die klaer se regsverteenwoordigers om ’n konstruktiewe oplossing te vind.
Peregrine Joynt

Prof. Elda de Waal, onderwysregkenner aan die NWU se EduHRight-navorsingseenheid, sê skooltradisies moenie oordryf word nie en binne die perke van die Grondwet uitgeleef word.

“Ek is ’n voorstander van tradisies, maar dit moet opvoedkundig wees en ’n positiewe bydrae tot die skoolgemeenskap lewer. Dit moenie so oordryf word dat dit tot moontlike misdade kan lei nie.

“Dit moet ook in die gees van die Skolewet geskied wat tot gemeenskaplike samehorigheid en verantwoordelike burgerskap lei.”

De Waal sê skole moet van tyd tot tyd hul gedragskode vir leerlinge en die beleid oor tradisies hersien met alle partye se bydraes, om seker te maak dit is in pas met die jongste beleid en wetgewing.

Volgens De Waal is detensie nie ingrypend genoeg om seuns wat op die drumpel van jong volwassenheid is, te help nie.

Affies wou nie vrae beantwoord oor die manier waarop hy die seuns gestraf het nie, en ook nie vrae oor sy beleid oor tradisies nie.

Peregrine Joynt, adjunkhoof wat namens die skool oor die kwessie die woord voer, sê net die skool distansieer hom “geheel en al van die beweerde optrede van die individuele respondente en keur ook enige vorm van geweld of intimidasie, veral teenoor vroue en kinders, ten sterkste af”.

“Die saak is tans sub judice, maar gegewe die belangrikheid waarmee die skool die saak, en geweld of intimidasie teen vroue en kinders beskou, is die skool reeds in gesprek met die klaer se regsverteenwoordigers om ’n konstruktiewe oplossing te vind.”

Meer oor:  Juané Slabbert  |  Dreigemente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.