Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Afgetrede gidshond ‘kry saam graad’ met haar nooi

Die 11-jarige afgetrede gidshond Donna gaan Michelle Nel (32), ’n gesiggestremde nagraadse student, Donderdagaand na die verhoog vergesel wanneer sy haar meestersgraad in musiek (MMus) aan die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang.

Donna saam met Michelle Nel, wat Donderdagaand haar meestersgraad in musiek ontvang. Foto: Verskaf

Nel ontvang die graad cum laude – ’n merkwaardige prestasie vir iemand wat blind is.

Die swart labrador was agt jaar – die grootste deel van haar studentejare aan die US – aan haar sy en volgens Nel het Donna ’n groot rol in haar sukses gespeel.

“Donna gaan ook vandag soos ek ’n geel gradeband om haar nek dra,” sê Nel, wat haar reeds vir ’n doktorsgraad in sielkunde ingeskryf het.

Donna het in November 2018 afgetree. Luna, ook ’n swart labrador, het by Donna oorgeneem. Luna sal ook vandag in die gehoor sit wanneer Nel haar graad ontvang.

Intussen geniet Donna haar aftrede by Nel se ouers in die Helderberg-omgewing.

Nel se reis aan die US het in 2005 begin toe sy met haar BMus-graad begin het. Donna het haar in 2010 by Nel aangesluit.

Sy sê dat hoewel dit nie altyd maklik was om met ’n gestremdheid te studeer nie, het haar geloof en haar oortuiging dat die enigste manier tot ’n beter toekoms deur onderrig is, haar deurgedra.

“Ek is heeltemal gekant teen die stigma wat aan blindes gekoppel word. Ek glo niks moet in jou pad staan om te bereik wat jy wil nie, nie eens jou gestremdheid nie . . . alles is bereikbaar.”

Haar doktorsgraadstudie gaan fokus op die loopbaanontwikkeling van blinde skoolverlaters.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.