Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
AfriForum eis Lesufi se kop

AfriForum het opnuut gevra vir die afdanking van Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng.

Panyaza Lesufi Foto: Argief

Die burgerregteorganisasie het Donderdag in ’n brief aan David Makhura, premier van Gauteng, sy misnoeë uitgespreek oor die “chaos wat by skole in Gauteng heers weens ongeplaaste of verkeerdelik geplaaste leerlinge.”

In ’n mediaverklaring sê AfriForum baie skole moes op 20 Januarie hul deure sluit uit vrees weens daelange protesoptogte deur ongelukkige en gefrustreerde ouers.

“Dit terwyl Lesufi voorgee dat sy provinsie se skole geen probleme ervaar nie. AfriForum word herhaaldelik deur moedelose ouers gekontak omdat hulle geen steun van die Gautengse onderwysdepartement ontvang nie,” lui die verklaring.

Die organisasie se brief is deel van ’n veldtog teen wat AfriForum bestempel as “Lesufi se vergrype”.

Carien Bloem, bestuurder van onderwys by AfriForum, sê AfriForum sal aanhou briewe aan die premier skryf, om die probleme wat Lesufi veroorsaak het uit te wys, want iewers sal hy gehoor moet gee en optree.

“Ons is reeds in die tweede week van die eerste skoolkwartaal en ouers en skole sit steeds met probleme wat deur die aanlyn registrasiestelsel en aanlyn plasings veroorsaak is. Lesufi en sy departement moet verantwoordelikheid neem vir die wanorde en ongerief,” sê Bloem.

Meer oor:  Afriforum  |  David Makhura  |  Skoolplasings  |  Panyaza Lesufi  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.