Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
AfriForum skop vas teen toelatingsbeleid

AfriForum wil ’n stokkie steek voor ’n toelatingsbeleid wat dalk kan bydra tot die verengelsing van skole.

Natasha Venter, bestuurder van onderwyssake by AfriForum, sê die voorgestelde beleid, wat in Februarie deur Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, vir openbare kommentaar gepubliseer is, bepaal onder meer dat die hoof van die departement van basiese onderwys by magte is om die toelatingstydperk asook die registrasieproses van die skole in sy/haar provinsie vas te stel. Die beleid bepaal verder dat geen leerling toegang tot ’n skool geweier mag word as gevolg van die taalbeleid van die skool nie.

Volgens Venter sal dit beteken dat enkelmedium- Afrikaanse skole gedwing kan word om leerlinge te akkommodeer wat nie Afrikaans magtig is nie.

“AfriForum het vandag kommentaar ingedien teen die departement se voorgestelde toelatingsbeleid vir gewone openbare skole wat in effek sal neerkom op die verengelsing van enkelmedium- Afrikaanse skole,” sê Venter.

“Leerlinge het die grondwetlike reg om in die taal van hul keuse onderrig te ontvang en dit is die departement se plig om seker te maak dat daar genoeg skole is om toe te sien dat daar uitvoering gegee word aan hierdie reg. Om bloot enkelmedium- Afrikaanse skole wat reeds genoeg Afrikaanssprekende kinders bedien te dwing om kinders wat nie die taal magtig is nie te aanvaar, is dus nie die oplossing nie. Die geskiedenis bewys dat waar Engels op Afrikaanse skole afgedwing word, dit uiteindelik tot gevolg het dat hierdie skole totaal verengels.”

AfriForum het vandag kommentaar ingedien teen die departement se voorgestelde toelatingsbeleid vir gewone openbare skole wat in effek sal neerkom op die verengelsing van enkelmedium- Afrikaanse skole.

Die sentralisering van mag oor skoleplasings in die departement het volgens Venter reeds bewese nadelige gevolge vir skole ingehou.

“Ouers se frustrasie met die aanlyn registrasieproses in verskeie provinsies is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Hierdie beleid het ten doel om selfs meer mag aan die departement te gee,” sê sy.

“Verder bots die voorgestelde beleid ook met bestaande wetgewing soos die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 wat groter outonomie aan skoolbeheerliggame gee as wat die voorgestelde beleid beoog. Dit kontrasteer ook met sekere provinsies se toelatingsbeleide, wat tot verwarring by skole en ouers kan lei oor watter reëls van toepassing is. AfriForum beywer hom vir groter onafhanklikheid van skole en ag dit belangrik om hierdie beleid teen te staan,” sê Venter.

Die voorgestelde toelatingsbeleid fokus ook op onder meer dokumente wat benodig word vir die toelating van leerlinge; toelating van leerlinge wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie; ongedokumenteerde leerlinge; leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes, die sonering van skole asook die regte en verpligtinge van ouers.

Die publiek het tot 12 Maart geleentheid gehad om hul kommentaar oor die voorgestelde toelatingsbeleid by die departement in te dien.

Meer oor:  Afriforum  |  Taalbeleid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.