Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Afrikaans: UP se besluit is ‘erger’ as US s’n
Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV, sê die probleem rondom die taalkwessie by die Universiteit van Pretoria is ‘heelwat groter’ as by die Universiteit Stellenbosch. Foto: Argieffoto

Afrikaans by die Universiteit van Pretoria (UP) word heeltemal afgeskaf, maar daar is nog hoop vir Afrikaans by die Universiteit Stellenbosch (US), sê Japie Gouws, uitvoerende direkteur van die ATKV.

“By die US gaan daar ten minste ’n opsie wees dat sekere klasse nog in Afrikaans aangebied kan word as die vraag daarna groot genoeg is,” sê Gouws.

Volgens hom is die probleem rakende die taalkwessie by die UP “heelwat groter”.

Volgens Gouws erken die ATKV veeltaligheid en die dringendheid om addisionele kapasiteit vir tersiêre onderrig te vestig.

“Maar dit is verkeerd om bestaande kapasiteit te verander en dit maar net met Engels te vervang. Afrikaans se hoër funksies bly in die slag en die bevordering van ander inheemse tale bly in die meeste gevalle net lippediens,” sê Gouws.

Dr. Conrad Steenkamp, hoof van die Afrikaanse Taalraad, sê die terugslag wat Afrikaans Woensdag by universiteite getref het, is teleurstellend.

“Dis ’n historiese kantelpunt. Afrikaans is demografies baie lewensvatbaar aan die US. Daar is baie Afrikaanse studente wat in Afrikaans wil studeer.”

Steenkamp sê die demografie lyk wel anders in Pretoria.

“Dit beteken nie die UP moet Afrikaans afskaf nie. Daar is baie Afrikaanse studente. Dit is belangrik en moontlik om almal se belange te akkommodeer.

“Dit is glad nie ondoenbaar om verskeie onderrigtale by ’n universiteit te akkommodeer en uit te brei nie,” sê Steenkamp.

Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, het die universiteitsraad van Pretoria “diskriminasie teen moedertaalsprekers wettig verklaar en geïnstitusionaliseer deur die aanvaarding van gelyke diskriminasie as regsbeginsel vir die nuwe taalbeleide”.

Verengelsing word nie uit liefde vir die koloniale taal gepleeg nie. Dit gaan in wese oor die vernietiging van meertaligheid.

“Dit is ’n dramatiese wegbeweeg van die huidige taalbeleid wat sê daar sal geen taaldiskriminasie teen Afrikaanse of Engelse studente of dosente wees nie. Grondwetlike taalbeskerming is nie die papier werd waarop dit staan nie,” sê Langner.

Volgens Christoff van Wyk, bestuurder van die FAK se N.P. van Wyk Louw-sentrum vir Gemeenskapstudies, is “Afrikaans in die ICU”.

“Die antwoord vir Afrikaans se terminale toestand aan universiteite moet nie net gesoek word by die EFF-rampokkers wat met die ondersteuning van linkse dosente wil breek eerder as leer nie,” sê Van Wyk in ’n verklaring.

Hy sê Engels word aangebied as die taal van “liberation and equalisation” waarmee universiteite gedekoloniseer moet word.

“Verengelsing word nie uit liefde vir die koloniale taal gepleeg nie. Dit gaan in wese oor die vernietiging van meertaligheid.

“Meertaligheid voorveronderstel ’n demokratiese ruimteskeppende samelewingsbegrip.”

Volgens Langner gaan die FAK sy volle gewig ingooi by die uitbouing van Akademia as volwaardige Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit.

Meer oor:  Up  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.