Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Afrikaanse skole in Kroonstad smelt saam

Die tydsberekening was “goddelik” sê ’n Kroonstadse sakeman oor die nuus dat dié dorp se twee hoërskole en twee laerskole wil saamsmelt.

Wedywering tussen die skole vir leerlinge, borgskappe en die regte om sportgeleenthede aan te bied lei tot groot verdeeldheid in die gemeenskap, sê twee sakemanne wat deel van die inisiatief was.

Die twee, wat nie hul name wil bekend maak nie, sê pogings om die twee hoërskole, wat albei met krimpende leerlingtalle sukkel, te laat saamsmelt het voorheen misluk.

Die gemeenskap het die Afrikaanse Onderwys Netwerk (AON) genader om dié keer te help kyk na oplossings vir die skole.

Die gemeenskap het die Afrikaanse Onderwys Netwerk (AON) genader om dié keer te help kyk na oplossings vir die skole.

Daan Potgieter, hoof van die AON, sê hulle het vroeg in Junie ’n bekendstellingsgesprek met die skole gehad en van daar af het die proses ongelooflik vinnig vlamgevat.

Die AON is twee jaar gelede gestig om Afrikaanse skole te ondersteun en te verseker dat moedertaalonderrig beskerm word.

Potgieter sê dit is beter om twee sterk skole met moedertaalonderrig te hê as om te probeer om vier verswakte skole te laat voortbestaan.

“Plattelandse skole en die platteland self is onder groot druk en die AON help skole deur saam met vennote in die onderwys na oplossings te soek.

“Die AON het sy rol as fasiliteerder gespeel en sy netwerk-vennote sal betrokke raak by die statutêre proses om twee nuwe skole te stig wanneer almal tevrede is,” sê Potgieter.

Die AON is twee jaar gelede gestig om Afrikaanse skole te ondersteun en te verseker dat moedertaalonderrig beskerm word.

’n Inwoner van Kroonstad sê dié keer was daar geen ego’s nie, net samewerking. “Die twee hoërskole se beheerliggame het skaars 45 minute vergader toe is almal tevrede.”

Ook tussen die twee laerskole, Kroonheuwel en die Sentrale Volkskool, het onderhandelinge vlot verloop en almal het besef alles gaan oor hul kinders.

Van die voordele van die samesmeltings is dat net twee terreine pleks van vier in stand gehou moet word en dat ander koste ook gehalveer word.

Skole sukkel ook om munisipale rekenings te betaal en net daarop gaan die gemeenskap reeds R600 000 per jaar bespaar.

n Ouer skryf in ’n anonieme brief die kinders het ’n speelbal geword vir skole wat leerlinge werf en dat die huidige situasie nie tot voordeel van die kinders is nie.

Plaaslike ondernemings wat ter wille van regverdigheid vier skole moet borg, trek swaar en gaan voordeel uit die samesmeltings trek.

’n Ouer skryf in ’n anonieme brief die kinders het ’n speelbal geword vir skole wat leerlinge werf en dat die huidige situasie nie tot voordeel van die kinders is nie.

Die voordeel van een nuwe hoërskool en een nuwe laerskool vir die dorp is oneindig, skryf dié ouer.

Die skole sal die week met ouers begin beraadslaag en eers wanneer almal tevrede is, sal die beplande samesmeltings in die Staatskoerant gepubliseer word.

Die twee hoërskole het die afgelope week die samesprekings en beplanning vir ’n samesmelting op hul onderskeie Facebook-blaaie bekend gemaak en mense genooi om by die proses betrokke te raak.

Die twee nuwe skole sal op die twee hoërskole, die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) en Hoërskool Kroonstad (Bloues), se terreine gehuisves word en sal na verwagting onder nuwe name bekend staan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.