Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Akademia in 2017 ‘so te sê landwyd’

Met nuwe studiesentrums in die Paarl, Bloemfontein en George is Akademia se eersteklas-hoëronderwys in 2017 nou “so goed as landwyd” beskikbaar.

Piet le Roux, akademiese hoof van Akademia, sê Akademia is trots om nou binne bereik van die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes te wees. “Vir die eerste keer sal Akademia, met ’n totaal van 11 studiesentrums, nou binne ’n radius van slegs tientalle kilometers van die meeste Afrikaanssprekendes wees.”

Daar is reeds sentrums in Kaapstad en Gauteng.

Die totale getal sentrums vir 2017 staan tot dusver op 11: ses in die omstreke van Gauteng (waarvan een nuwe sentrum oorkant die Hoërskool Menlopark in Lynnwood, Pretoria); twee naby Kaapstad; en dan een elk in die Paarl (Boland), Bloemfontein (Vrystaat) en George (Suid-Kaap).

“Ons is veral bly om onsself in die Paarl te kan tuismaak in die geriewe van die Historium Trust, aangrensend tot die Afrikaanse Taalmuseum. Akademia beskou kulturele verbintenisse as belangrik vir ’n diepgaande opvoeding en opleiding. Ons studente moet die beste uit die wêreld na Afrikaans bring, maar ook die beste uit Afrikaans na die wêreld neem,” sê Le Roux.

Studente by Akademia studeer deur middel van kontaksessies in hoëtegnologiesentrums. Lesings word regstreeks aangebied en danksy optieseveselnetwerke sien, hoor en kommunikeer studente en dosente in tot ses studiesentrums tegelyk met mekaar.

Le Roux sê Akademia beoog om selfs verdere sentrums toe te voeg.

“Vir 2017 is ons nou byna landwyd gevestig, maar nog nie heeltemal nie. Ons gaan intussen voort met ondersoeke na uitbreidings in ander streke waar Afrikaanssprekendes meer verspreid woon.”

Akademia aanvaar nou inskrywings vir die volgende programme in 2017: BCom ondernemingsbestuur, BCom bestuursrekeningkunde, BCom ekonomie en regte, BCom finansiële beplanning, gevorderde diploma in projekbestuur, hoër sertifikaat in rekeningkunde en hoër sertifikaat in kantooradministrasie.

Vir meer inligting oor Akademia besoek die webwerf by akademia.ac.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.