Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Al meer kinders terug skool toe in Wes-Kaap

Die DA sê ’n styging in die bywoningsyfer in skole in die Wes-Kaap kan toegeskryf word aan die afname in Covid-19-gevalle en minder kommer oor die siekte.

Die party sê in ’n verklaring die bywoningsyfer het toegeneem sedert die infasering van die meeste grade by skole.

Op 1 Junie was die bywoningsyfer vir gr. 7- en gr. 12-leerlinge onderskeidelik 33% en 44%, en tans is dit 77% en 87%, het dit geblyk uit ’n vraag in die provinsiale wetgewer aan Debbie Schäfer, LUR vir onderwys.

Lorraine Botha, DA-wetgewerlid en die party se woordvoerder oor onderwys, sê daar is 14 weke oor van die 2020- akademiese jaar.

Lorraine Botha, DA-wetgewerlid en die party se woordvoerder oor onderwys, sê daar is 14 weke oor van die 2020- akademiese jaar. Leerlinge moet die meeste maak van die tyd wat oor is.

Die staande komitee oor onderwys in die provinsie sal begin met ’n oorsig oor skole om meer te wete te kom van skole se uitdagings met die infasering van grade.

Die bywoningsyfer onder gr. 4- en gr. 10-leerlinge is steeds laag, volgens die verklaring. ’n Beroep word gedoen op ouers en voogde om leerlinge wat skool mag bywoon, terug te stuur skool toe.

Volgens Botha kon gr. 5- en gr. 8-leerlinge ingevolge riglyne van die onderwysdepartement eers op 31 Augustus na skole terugkeer. Die bywoningsyfer vir die leerlinge is egter nou reeds gemiddeld 67,7%.

Leerlinge met onderliggende siektetoestande, dié wat vir tuisonderrig aansoek gedoen het of met Covid-19-simptome, sal nie die gevolge dra vir hul afwesigheid van skole nie. Die provinsie se onderwysdepartement verskaf bystand vir tuisonderrig.

Meer oor:  Lorraine Botha  |  Wes-Kaap  |  Skole  |  Da Bywoningsyfer  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.