Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Angie moet skoolvakansie vervroeg’

Die One South Africa Movement (OSA) van Mmusi Maimane hoop Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, kondig Saterdag in die lig van die derde vlaag van die Covid-19-pandemie aan dat die skoolvakansie vervroeg word.

Motshekga hou Saterdagoggend ’n mediakonferensie oor haar departement se planne.

Basic Education Minister Angie Motshekga.
Angie Motshekga

Die OSA sê as die jongste Covid-19-syfers in ag geneem word, kan Motshekga nie met halfgebakte en afgesaagde planne vorendag kom nie.

“Wat nou nodig is, is ’n duidelike en beslissende plan. Dit is duidelik dat groot getalle leerlinge by skole nie soos gewoonlik kan aangaan terwyl daar nie genoeg entstof vir alle onderwysers en ondersteuningspersoneel is nie.”

Hoewel die skoolvakansie vervroeg moet word, moet die program so aangepas word dat die akademiese jaar nie in die gedrang kom nie. Planne moet gemaak word dat leerlinge op ’n rotasiebasis steeds eksamen skryf, voer OSA aan.

Intussen het die VF Plus die EFF gewaarsku hy kan hom teen ’n spreekwoordelike klipmuur vasloop as hy Maandag sou probeer om skole te sluit.

Dr. Wynand Boshoff, die VF Plus se woordvoerder oor basiese onderwys, het in ’n verklaring ’n beroep op wetstoepassers gedoen om Maandag op ’n gereedheidsgrondslag te wees.

Julius Malema, EFF-leier, het onlangs gewaarsku as die regering nie die skole sluit nie, sal sy party dit doen.

Boshoff sê hoewel daar ’n algemene gevoel is dat die EFF nie ernstig opgeneem kan word nie, is die optrede van enkele lede onvoorspelbaar. Skole en ouers moet dus ook Maandag op hul hoede wees.

“As EFF-optrede tot konfrontasie lei, sal die party met sy onverantwoordelike uitsprake die skuld daarvoor moet dra.”

Boshoff wys ook daarop dat Malema vandeesweek in ’n Jeugdag-toespraak gesê het hy sal hom voortaan aan geen inperking steur nie.

“Dit is duidelik dat die EFF onsamehangend raak in sy ywer om populistiese uitsprake te maak. Die vraag is hoe dit sin maak om skole te sluit wanneer ander inperkings waardeloos is,” sê hy.

“Wat die party wel regkry, is om gemoedere op te jaag.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.