Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘As jy wil baklei oor taal, ek is gereed,’ sê Lesufi

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, gaan sy vuis bal teen diegene wat aanhou om die departement se taalbeleid in ’n slegte lig te stel.

Hy het Vrydagoggend die pad vorentoe wat betref onderwys in Gauteng by Nasrec in Johannesburg uitgelig.

Die departement gaan nie bes gee in sy pogings om klaskamers nierassig te maak en om nuwe taal- en soneringsbeleid in te stel nie.

“As iemand sê ‘ek wil net in Afrikaans onderrig word’, sal ek dit toelaat, ek sal vir jou ’n onderwyser gee om jou te onderrig, maar indien jy in jou moedertaal Afrikaans onderrig wil word, beteken dit nie die hele skool moet Afrikaans wees nie,” sê Lesufi.

“Jy kan na blok A gaan vir Afrikaans en ons sal na blok B gaan vir Engels of Sepedi in dieselfde skool, sodat die kinders pouse met mekaar kan speel. As jy my gaan teenstaan hieroor, is ek gereed vir die geveg.”

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: Gallo Images

Daar was kwaai teenkanting van AfriForum teen die departement se taal- en soneringsbeleid. AfriForum voer aan dat die regulasieveranderings wat onder meer voorskryf dat enkelmediumskole omskep word in dubbelmediumskole, die mag van skole se beheerrade beperk om die skole te bestuur.

Lesufi het egter gesê hy gaan nie dáár stop nie. Hy sê die departement gaan voort om die provinsie se onderwysbeleid te verander onder meer deur ’n voorstel dat alle skoolklere van volgende jaar af die Suid-Afrikaanse vlag op moet hê.

“Dis ons land se vlag, ons kinders moet dit ken. Ons is duidelik hieroor, die ons en hulle moet tot ’n einde kom. Ons is een en ons het een onderwysstelsel.”

Lesufi het ook verwys na Daniel Bakwela, ’n leerling van die Forest High School in Johannesburg, wat doodgesteek is en S’boniso Nyawose, die onderwyser wat deur ’n betreder vermoor is by die Masuku Primary in Folweni, KwaZulu-Natal.

“As iemand ’n onderwyser aanval en iemand anders ’n leerling aanval, is daardie persoon nie meer ’n leerling nie. Ons kan nie die aanvalle in ons skole toelaat nie; 'n mens moet kragdadig teen só ’n persoon optree.”

En hy het ook ’n boodskap vir leerlinge: “Ons is moeg vir jul swak gedrag. Ons pleit by julle. As jy soos ’n leerling behandel wil word, sal jy soos een behandel word. As jy soos ’n misdadiger behandel wil word, sal jy soos ’n misdadiger behandel word. Ons werk saam met die polisie; ’n polisielid sal aan elke skool toegewys word.”

Meer oor:  Panyaza Le­Sufi  |  Onderwys  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.