Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Bakleiery by Bfn-skool ‘in goeie gees’ opgelos

Die bakleiery onder leerlinge van die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein wat die tonge laat klap het, is wat die Vrystaatse onderwysdepartement betref, in goeie gees opgelos.

’n Video van die leerlinge wat mekaar op Vrydag 26 Julie op die skoolterrein rondstamp en houe uitdeel, het einde verlede maand opslae gemaak.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, sê die skoolbeheerliggaam se verhore van die agt seuns wat in die voorval betrokke was, is op 6 Augustus afgehandel. Die seuns is tussen 17 en 18 jaar oud.

Die bakleiery vroeër by die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein. Foto: Skermgreep

Volgens Ndaba is die seuns elk vir ses dae geskors, waarop nege tot tien dae se detensie volg, en hulle sal van sekere voorregte ontneem word.

Ndaba het vroeër aan Netwerk24 gesê dit lyk asof die geveg ontstaan het deurdat een van die leerlinge se toestel, “iets soos ’n tabletrekenaar”, weggeraak het en hy ’n ander leerling daarvan beskuldig het.

Intussen is bevind ’n vermiste tekenbord het die geveg ontketen.

Volgens Ndaba was daar al die vorige dag ’n voorval toe die tekenbord en -toerusting weggeraak het.

“Die eienaar van die toerusting het ’n ander seun daaroor gekonfronteer. Daar was egter geen onweerlegbare bewyse dat die gekonfronteerde seun skuldig was nie.”

Ndaba sê die onenigheid het toe na albei die leerlinge se vriendekringe uitgebrei en tot die latere geveg gelei.

* Die video is verdof om die minderjariges se identiteit te beskerm.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Onderwys  |  Bakleiery  |  Skool  |  Leerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.