Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Beamptes ontplooi om skole in Kaapstad te beveilig

Bykomende wetstoepassers sal ontplooi word by skole in dele van Kaapstad wat onder bendegeweld deurloop. Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag in ’n verklaring gesê daar is ná ’n vergadering Sondag met die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Mitchells Plain besluit dat bykomende wetstoepassingsbeamptes leerlinge moet beskerm.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid.Foto: Peter Abrahams/SON

“Ek is baie bly dat die provinsiale regering met die GPF kon vergader voordat die skole heropen het om die jong mense van die provinsie veilig te hou. Die gemeenskappe van Philippi, Kraaifontein, Nyanga, Manenberg en Lentegeur is onder dié wat by die ontplooiing baat sal vind.”

Die beamptes gaan na skole in gebiede wat gebuk gaan onder bendebedrywighede, die onwettige besit van vuurwapens en ’n hoë voorkoms van dwelmverwante misdaad.

Op die vergadering met die GPF is gevra dat wetstoepassers by skole ontplooi word en dat hulle alle skole en skoolhoofde in bendegeteisterde gebiede besoek.

Fritz het ’n beroep op buurtwagte gedoen om by te dra tot patrollies by skole in hul gemeenskappe.

Fritz het Maandag versoek dat die nasionale regering oorweeg om ’n ramptoestand af te kondig weens die krisis met geweld en moorde in die provinsie.

Hy het ook die beroep herhaal dat die weermag ontbied word om as versterking vir die polisie en as ’n vredesmag te dien.

Tussen Vrydag om middernag en Maandagoggend om 06:00 is 55 onnatuurlike sterftes weens skiet- en steekwonde in die Wes-Kaap aangemeld, waarvan 33 in die Kaapstad-metro was.

Vrydagaand is ses vroue in ’n woning in Philippi-Oos vermoor, waarna vyf mans Saterdag in Philippi doodgeskiet is. Nog twee mense in Hanover Park en een in Delft is die naweek in skietvoorvalle dood.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Kaapstad  |  Onderwys  |  Beveiliging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.