Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Behandel dié kinders soos misdadigers, sê Lesufi

Skoolkinders wat misdade pleeg, moenie soos kinders behandel word nie, maar soos misdadigers, sê Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys.

Dit kom ná die moord op Kulani Mathebula (19), ’n leerling van die Mondeor High School in die suide van Johannesburg.

Kulani is Woensdag doodgesteek terwyl hy op pad was skool toe. Hy is drie keer in die bors gesteek.

Kulani Mathebula (19)Foto: Reneilwe Dhludhlu

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe drie seuns van die Randeor School in Mondeor, ’n skool vir leerlinge met spesiale behoeftes, Kulani agtervolg.

Die eerste verdagte (13) is Woensdagmiddag by die skool in hegtenis geneem. ’n Skerp voorwerp is in sy besit gevind. Die ander twee (albei 15) is Donderdag douvoordag in hegtenis geneem. Hulle is onderskeidelik in Soweto en in Naturena aangekeer.

Volgens kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder, is die verdagtes in polisie-aanhouding en nie in die sorg van hul ouers vrygelaat nie.

“Die dae is verby dat hierdie mense soos kinders behandel word. Jy kan sien dat mense wat kan moor, nie meer kinders is nie. Ons moet gepas en korrek reageer.

“Hierdie ding om te dink dat as mense moor, moet jy hulle rose gee, gaan nie help nie,” het ’n woedende Lesufi gesê.

Hy sê die reg moet sy beloop neem, veral omdat die voorval buite die skool gebeur het.

“Jy kan nie daarop aanspraak maak om ’n leerling te wees nie. Dit was hul eie keuse om hul skoolklere vir oranje klere in te ruil.”

Genl.maj. Max Masha van die polisie in Gauteng het egter gesê skoolkinders kan nie soos genadelose misdadigers behandel word nie. “Hulle bly ons kinders. Ons moet dit in ag neem. Ons sal wel streng optree.”

Die Gautengse departement van onderwys het Donderdag gesê hy gaan Vrydag amptenare na die verdagtes se skool stuur om vas te stel watter probleme hulle het, aangesien hulle in ’n skool vir kinders met spesiale behoeftes is.

“Ons weet nie of hulle gedrags- of geestesprobleme het nie. Ons moet eers vasstel voordat ons kommentaar kan lewer,” sê die departement.

Makhubele sê die vermoede bestaan dat die motief vir die aanval roof was. Hy sê Kulani se familie moet nog bevestig of hy ten tyde van die voorval sy selfoon by hom gehad het.

Die drie verdagtes sal Vrydag in die landdroshof in Johannesburg op aanklagte van moord verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.