Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Beheerliggaam onthef Grey-hoof van pligte
Deon Scheepers. Foto: Mlungisi Louw

Ná jare lange onmin het die skoolbeheerliggaam van Grey-kollege Sekondêr in Bloemfontein die skoolhoof, Deon Scheepers, weens ’n vertrouensbreuk van sy pligte onthef, het Henry Büchner, voorsitter van die beheerliggaam, Woensdagoggend in ’n verklaring bevestig.

Jurie Geldenhuys, hoof van Grey-kollege Primêr, is deur die beheerliggaam as tydelike skoolbestuurder oor Grey Sekondêr ook aangestel. Scheepers behou as werknemer van die Vrystaatse onderwysdepartement wel die professionele pligte van skoolhoof wat ingevolge die Skolewet aan hom toegeken is.

“Die beheerliggaam se primêre doel is om ’n omgewing te skep waar gehalteonderrig kan plaasvind. Waar die beheerliggaam vertroue in die skoolhoof verloor het, is dit nie meer moontlik nie,” sê Büchner.

Na verneem word beskou Scheepers dié drastiese stap as onbillik en onregmatig. By navraag het hy gesê hy win regsadvies in en kan nie nou kommentaar lewer nie.

Meer hieroor volg later.

Meer oor:  Deon Scheepers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.